Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Trane, omhelsing nie einde van pad van versoening

Dit is ’n dramatiese oomblik. Daar is emosie, daar is trane en later omhelsing. Ons lees hiervan in Genesis 45.

Josef, nou prins van Egipte, het vroeër reeds die groepie voor hom herken. As gevolg van honger­snood in hulle tuisland, het hulle na Egipte gereis. Húlle was sy broers.

Die herontmoeting tussen Josef en sy broers vind plaas teen die agtergrond van ’n verlede gekenmerk deur onreg en verwydering.

Wat hulle met die onsekerheid gelaat het: Was die persoon voor hulle die magtige Egiptiese heerser of hulle broer Josef.

Destyds het sy broers, waarskynlik as gevolg van sy arrogansie en hulle afguns, Josef aan slawehandelaars verkoop. Maar nou het heelwat tyd verloop en hulle het hom nie herken nie. Met die weersiens, lees ons verder, het Josef hard gehuil.

Nadat Josef sy ware identiteit aan hulle geopenbaar het, het sy broers hom uit vrees nie geantwoord nie. Josef het hulle egter laat nader kom, en die gelade woorde uitgespreek: “Ek is julle broer Josef” (vers 4).

In sy bespreking van hierdie teksgedeelte in sy boek Dare We Speak of Hope? Searching for the Language of Life in Faith and Politics (2014) wys Allan Boesak daarop dat Josef se broers hom moontlik nie dadelik herken het nie omdat sy hele gees en houding dié van ’n Egiptiese prins was.

Wat hulle met die onsekerheid gelaat het: Was die persoon voor hulle die magtige Egiptiese heerser of hulle broer Josef.

Boesak belig ook die feit dat die storie van Josef en sy broers nie met die emosionele hereniging in hoofstuk 45 eindig nie. Dit neem nog ’n hele paar hoofstukke, waarin Josef hom in vele opsigte soos ’n slinkse sakemagnaat gedra, voordat ons in Genesis 50 weer van ’n oomblik van vergiffenis en versoening tussen hulle lees.

Gevoelens van skuld en wantroue, en verontregting, kan ons sê, verdwyn dus nie so maklik nie, ook nie ná oomblikke van trane en omhelsing nie.

Teen die einde van sy vierdelige roman Josef en sy broers gee Thomas Mann iets van die kompleksiteit en hoop wat sulke oomblikke vergestalt, soos volg weer: “Twee of drie van sy broers het hom aangeraak. Hulle het versigtig hulle hande oor sy kleed gestreel . . . ‘Dan was dit bloot ’n grap en jy het jou net soos ’n heerser gedra?’ vra Issaskar. ‘Is jy regtig slegs ons broer?’

“ ‘Slegs?’ antwoord Josef. ‘Julle moet verstaan dat ek beide is.’ Toe antwoord Sebulon: ‘Ons het dit heeltyd vermoed. Dit is goed dat jy nie die heer van die mark deur en deur is nie, want anders sal dit met ons swaar gaan. Maar onder jou koninklike kleed is jy Josef, ons broer.’ ” 

Meer oor:  Geestelike Waardes  |  Trane  |  Versoening  |  Omhelsing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.