Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Tweeledige geloof

Die Amerikaanse teoloog Harvey Cox maak ’n onderskeid tussen wat ons in Engels noem “belief and faith.” Hoor net hoe mooi stel hy dit: “We can believe some­thing to be true without it making much difference to us, but we place our faith only in something that is vital for the way we live.”

Cox slaan die spyker op die kop! Dis een ding om reg te glo, maar dis iets anders om ons lewe in te rig om ons geloof. Vir seker is die regte leerstellings en die regte formulering van ons geloof nie onbelangrik nie. Dis lewensbelangrik. Belydenisse dien as normatiewe padwysers vir ons lewe voor God en tussen ander. Geloof gaan oor die regte belydenisse, maar dit gaan ook oor die regte belewenisse. ’n Goeddeurdagte geloof mond altyd uit in ’n toegewyde geloofslewe. Ons leef ons belydenisse oor die Here getrou uit. Ons omskep ons geloof gedurig in ’n werkwoord en in ’n leefwoord. Anders is ons geloof dood, soos wat die Jakobus-brief waarsku.

Meer oor:  Stephan Joubert  |  Goeie Nuus  |  Godsdiens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.