Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Van kruis na ’n kroon

In die tyd van die Nuwe Testament het alle gelowiges geweet dit is nie ’n ligte keuse om Jesus te volg nie. Dit het dikwels ’n doodsvonnis beteken. Nogtans het Jesus nooit Sy oproep aangepas of versag volgens mense se persoonlike omstandighede nie. In Lukas 14 sê Hy ons moet vooraf bereken wat dit ons gaan kos om Hom te volg. Dis vandag nog so. Daar is nie verskillende verbruikersvriendelike opsies vir potensiële navolgers nie.

Jesus pas nie die kruis aan by ons behoeftes nie. Ons het die evangelie sag, veilig en voorspelbaar gemaak. Dit kos mense vandag amper niks om Sy kruis te dra nie. Geloof pas knus binne die meeste van ons se leefstyl. Jesus verskil drasties daarvan. Geen navolger van Hom word eers met ’n kroon uitgereik nie. Ons elkeen kry eerste ’n kruis om te dra. 

Meer oor:  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.