Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Verby goeie bedoelings

Goeie bedoelings is nie ’n etiese beginsel nie. Net omdat jy iets goed bedoel, is dit nie outomaties reg nie!

Goeie bedoelings moet korreleer met Bybelse beginsels. Dit moet omgeskakel word in die regte dade.

So nie, is die Bybel eintlik maar net ’n handige “get out of jail free”­-kaartjie om enige goeie bedoelings mee te regverdig.

Genadiglik is daar ’n groot skare gelowiges oral ter wêreld wat inderdaad verskuif het vanaf goeie bedoelings na ’n verantwoordelike omgang met die Bybel.

Hulle doen moeite om dit reg te bestudeer. Hulle laat nie die Bybel gedurig agter hulself aan buikspreek nie. Hulle oordink die Woord soos wat Ps. 1 leer en pas dit met oorleg en wysheid in hul lewens toe. Hulle gebruik die Bybel nooit as ’n baksteen om ander mense mee seer te maak nie, maar as ’n sakdoek om trane mee af te droog.

Die Woord is inderdaad die lamp vir hul voete en die lig vir hul pad. Sluit vandag opnuut by hierdie skare aan.

Meer oor:  Godsdiens  |  God  |  Sielsgoed  |  Bedoelings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.