Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Vergifnis is die sleutel tot ’n sinvolle lewe
Aniki
Aniki Joseph

Ons hoef nie in ’n waas van verflenterdheid soos bedelaars sin te probeer maak van ’n stukkende, deurmekaar wêreld nie. Om haat en woede te ontken of bloot te internaliseer, kan uiteindelik lei tot ’n plofbare situasie wat nie net die draer nie, maar ook almal rondom die draer van lewensvreugde kan beroof. Hoe leef gewone mense dan vorentoe in ’n tyd waarin ons daagliks gebombardeer word met ontstellende verwikkelinge?

Mag ek net altyd kan onthou dat elke ander gesig ’n geskiedenis is, met ’n mond, met oë, met vingerafdrukke en met herinneringe.

Dit besef ek weer eens vanoggend toe ek die vingerafdrukke van ’n taai kleuterhandjie teen die woonkamer se muur ontdek. ’n Stille getuie van ’n klein mensie se onlangse besoek aan huis van die mense wat hom lief het en vir wie hy lief is. Ek kon die vingerafdrukke verwyder met ’n bekende skoonmaakmiddel en ’n sagte lap, want in my bors klop die versekering dat ons altyd onlosmaaklik deel van mekaar se geskiedenis is. Hy was hier en ons was hier. Ek wens ek kon die liefde wat ek in daardie oomblikke van liefdevolle menswees tydens hul besoek ervaar het, net ’n bietjie langer vashou. Vrylik uitdeel, want liefde het helende krag.

My hart tamboer in my bors. Ek sien en hóór haar pyn. “Here, hoe word ons weer heel?” bid ek woordeloos.

Onlangs besoek ek die Distrik Ses-mu­seum in Kaapstad saam met die studente. Ons stap saam met die toergids deur ’n pynlike gedeelte van ons land se geskiedenis. Geen mens kan onaangeraak gelaat word deur hierdie ervaring nie. Meters en meters materiaal hang vanaf die hoë plafon tot teen die vloer. Mense se pyn handgeborduur op lap. Iemand het daar geborduur dat dit destyds goedkoop was om in Distrik Ses te woon, maar dat lewe kosbaar was. In Hanoverpark is dit nou duur om te lewe en lewe het goedkoop geword . . .

In die laaste deel van die toer deel die toergids grepe uit haar eie lewe gedurende daardie tydperk. Daar is toeriste van Swede en Duitsland teenwoordig. In ’n stadium breek haar stem. Sy sluk aan haar emosies. Dit raak grafstil in die vertrek.

My hart tamboer in my bors. Ek sien en hóór haar pyn. “Here, hoe word ons weer heel?” bid ek woordeloos.

Dan lig sy haar ken en breek haar stem warm soos die eerste strale van ’n somerson oor ’n winterlandskap. “Vergifnis is die sleutel tot ’n sinvolle lewe. Slegs deur jou eie uniekheid te waardeer, laat jy ander toe om dieselfde te doen. Wonde genees wel en letsels bly, maar ons mag net nooit ophou hoop nie, want as drome sterf, word die lewe ’n voël sonder vlerke,” sê sy.

My voete vind hulle pad self oor die vloer. Vir ’n klein oomblik in tyd hou ons mekaar net vas. Woorde is oorbodig. Ons is net vroue met kinders en kleinkinders.

“To cheat oneself out of love is the most terrible deception; it is an eternal loss for which there is no reparation, either in time or in eternity.” – Kierkegaard.

Joseph is ’n rubriekskrywer en reisiger van Pretoria.

Meer oor:  Aniki Joseph  |  Distrik Ses  |  Sielsgoed  |  Rassisme  |  Apartheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.