Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Verhoudinge soos dié heel gemeenskappe

Wêreldvigsdag, wat op 1 Desember gevier is, herinner ons nie net aan die gevare van onder meer veelvuldige seksmaats nie, maar ook aan die vrug van troue liefde, seksuele respek en verantwoordelikheid binne die huwelik, asook enige verhoudinge waar seksuele intimiteit ter sprake is.

Dit is ’n belangrike dag omdat dit ons oproep om nie net ons verhoudinge te respekteer nie, maar ook getrou te wees aan ons lewensmaat of die een met wie ons seksueel verkeer. En veral om seksueel verantwoordelike en verantwoordbare keuses te maak.

Seks en seksualiteit is ons geskenk van God. Dit is deel van ons menswees. Dit help skep ons identiteit en vergemaklik sosiale omgang met ander mense.

In die regte perspektief gesien, kan die seksuele die gom van ’n verhouding wees en ’n belewenis word wat ons die mooier kant van die lewe laat ervaar. Seks en ons seksualiteit kan ook die bron van ongekende vreugde, genot, liefde en passie word. Seks en seksualiteit tussen ’n paartjie dien nie net om onsself en ons maat plesier te verskaf nie, maar wil ons die belangrikheid laat besef van goeie en gesonde omgaan met die gawe van seks en seksualiteit.

Alle verhoudinge het liefde, vertroue en seksuele respek nodig om te oorleef. En enige liefdesverhouding het koestering, versorging, vertroeteling, plesier, seks en seksualiteit nodig om te groei en te ontwikkel.

Alle vorme van verhoudinge het beskerming en veiligheid nodig om wedersyds verrykend in te werk in die lewens van die betrokkenes.

Selfs Paulus moedig mans aan om hul vroue lief te hê, kinders om hul ouers te gehoorsaam, slawe om eienaars te gehoorsaam, en eienaars om hul slawe reg en billik te behandel (Kolossense 3:19-4:1). Dit doen hy ook met die oog op gesonde sosiale verhoudinge in die algemeen.

In die regte perspektief gesien, kan die seksuele die gom van ’n verhouding wees. Verhoudinge wat geken word aan liefde, seksuele respek en gesonde plesier heel ook gemeenskappe.

Dit is alleen wanneer ons verhoudinge geken word aan liefde, vertroue en respek dat dit enigsins kan bydra tot die ontwikkeling van ’n goeie self met ’n gesonde en gebalanseerde selfbeeld.

Dieselfde geld eers as ons liefdesverhoudinge vertroeteling, versorging, plesier en geluk geniet, en wanneer alle verhoudinge veiligheid en beskerming ervaar.

Só kan ons die pyn van stigmatisering afbreek en kan ons empatie betoon met mense wat met MIV/vigs en verwante toestande leef. Dan kan ons verhoudinge ’n bron van verdieping van ons menseverhoudinge in die algemeen word.

Verhoudinge wat geken word aan liefde, seksuele respek en gesonde plesier, heel nie net onsself nie, maar ook ons gemeenskappe. Eers dán kan die belewenis van goeie en genotvolle verhoudinge bydra tot die bou van gesonde, menswaardige en veilige gemeenskappe.

  • Dr. Katts is ’n voormalige moderator van die Volkskerk van Afrika.
Meer oor:  Wêreldvigsdag  |  Seksualiteit  |  Seks  |  1 Desember  |  Verhoudinge
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.