Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Versoening en vrede is soms heel onverwags

Die afgelope feestyd het ek die voorreg gehad om Jean Paul Lederach se The Moral Imagination: The Art and Soul of ­Peacebuilding (2005) te lees.

Lederach, ’n deurwinterde onderhandelaar wat al in vredesprosesse oor die wêreld heen betrokke was, maak geen melding van Suid-Afrika nie, maar dit voel of “Suid-Afrika” oor bykans elke bladsy van die boek geskryf staan.

Lederach neem mediasie en onderhandeling verder en vra die vraag hoe vrede en versoening volhoubaar kan word en hoe werklike maatskaplike transformasie kan plaasvind.

’n Paar belangrike punte staan uit waarvan Suid-Afrikaners wat ernstig is oor vrede en versoening kennis behoort te neem: Volhoubare vrede is afhanklik van die herstelde netwerk van verhoudings wat op voetsoolvlak geskep word. Lederach is baie skepties oor burokratiese instellings se vermoë om dit te vermag. In Suid-Afrika se geval praat ons van politici en plaaslike regerings. Ons het mense nodig wat vredesprosesse as ’n roeping sien. Dis veel meer as ’n professie – dit vra waagmoed en kreatiwiteit.

Lederach beklemtoon dat die verlede nie misken kan word wanneer ons streef na volhoubare vrede nie. Ons onderskat die impak wat die vernietiging van ’n eie narratief, identiteit en die verlies van plek en ruimte aan mense en geslagte doen.

Wie hieroor spring, kan vergeet van volhoubare vrede. Net so gaan wat ons nou doen, ’n impak hê op geslagte wat kom.

Wie hieroor spring, kan vergeet van volhoubare vrede. Net so gaan wat ons nou doen, ’n impak hê op geslagte wat kom.

Die vredesonderhandelinge en ooreenkomste (in ons geval ’n onderhandelde Grondwet) is dus maar ’n klein onderdeel van die groter proses. Wat belangrik is, is wat ná die ooreenkoms gebeur. Afgesien van die WVK het daar by ons te min gebeur.

Die boek vertel egter ook wonderlike verhale van “onverwagte draaipunte”, deurbrake wat in vredesprosesse gekom het, oënskynlik sonder regstreekse bemiddeling.

Lederach beklemtoon dat daar in alle gemeenskappe nuwe moontlikhede leef wat dikwels nog net nie sigbaar is nie.

Wanneer ons met waagmoed die regte prosesse in plek sit en netwerke van gebroke verhoudinge begin herstel, word die spirale van geweld soms op verrassende wyse deurbreek.

Ek is oortuig dat die brose situasie waarin ons ons in Suid-Afrika bevind, deurbreek kan word wanneer gewone mense hul rol as vredemakers op voetsoolvlak begin verstaan.

Dit gaan energie, tyd en geduld vra, en ons sal veel meer ruimte moet skep vir gesprek en luister na mekaar op voetsoolvlak. Kerke en gemeentes sal hierin ’n groter rol moet speel.

“Salig is die vredemakers”, het Jesus in Sy belangrikste preek ooit gesê (Matteus 5). Mag 2020 vir ons ’n jaar van onverwagte versoening en vrede word.

Meer oor:  Braam Hanekom  |  Sielsgoed  |  Vrede  |  Versoening  |  Geloof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.