Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Vertrou soos Dawid vreesloos op God

Dawid se lewenspad het dikwels deur omstandighede van onsekerheid en gevaar gegaan. Hy moes lank vir koning Saul en sy soldate vlug en in die berge wegkruip. Hy het teen die reus Goliat geveg. Hy het voor sy eie seun Absalom gevlug.

In Ps. 56 vertel hy van die keer toe die Filistyne hom in Gat gevang het, maar hy vertel ook wyer van al die tye van teëstand en konflik in sy lewe. Dit is erg, want hoor net: Vyande wat van vroeg tot laat my jaag en vervolg (v. 2, 3); hulle vergal my lewe met al hul bose planne en beskuldigings; soos sluipmoordenaars hou hulle my dop en bly hulle op my hakke (v. 6, 7).

Ons kan met sekerheid sê Dawid is ’n man wat met ervaring kan praat. Hy ken gevoelens van vrees, moedeloosheid, frustrasie en woede. Maar wat kan ons van Dawid leer as ons lewe donker, magteloos en moedeloos voel? In hierdie Psalm wys hy vir ons enkele voetspore om te volg.

Eerstens, soos altyd by Dawid, neem hy sy toevlug tot God (v. 2) en praat sy hart uit met God. Hy noem sy vrese en frustrasies. Belangrik is egter dat hy sy vertroue in God se krag as die Allerhoogste uitspel (v. 5, 12).

Hy weet God is in sy lewe teenwoordig en sien sy trane raak (v. 9), dat Hy na sy hulpgeroep luister en keer dat hy nie struikel nie (v. 10, 14). God is aan sy kant, dus is hy nie bang nie. Dit is vir Dawid so ’n werklikheid dat dankbaarheid in sy gemoed opborrel (v. 13) en die negatiewe emosies verdryf. Ons het vandag die voetspoor van die kruis waar Jesus al die angste van die hel in ons plek gedra het. Nog meer as Dawid mag ons uitroep: God is vir ons! Wie kan dan teen ons wees (Romeine 8)?

– Dr. Kobus van der Walt (emeritus). Almanak 2019 – Dagstukkies van die Gereformeerde Kerke in SA

V UIt die Woord: Die dag as ek bang word, vertrou ek net op U. In God, wie se Woord ek prys, in God stel ek my vertroue, ek is nie bang nie. Wat kan ’n blote mens aan my doen?– Ps. 56:4,5

Meer oor:  Godsdiens  |  Geloof  |  God  |  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.