Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Vrees is vreemde tweeling; nooi die regte een in
Esté Gross

Dit maak nie saak hoe oud jy is nie, niemand hou van ’n donker kamertjie nie. Veral op ’n plek waar die kontoere onbekend is aan jou.

Dit is juis dan wanneer jy dapper moet wees om met die skakelaar jou vrese aan die kaak te stel.

Die lig sal gou vir jou wys dat die vreesaanjaende figuur al die tyd ’n skadelose jas is wat stom en stil oor die stoel hang.

Die eintlike groot gevaar is jou eie fopgedagtes. Ralph Waldo Emerson het daarom gesê: “Vrees verslaan meer mense as enigiets anders in die wêreld.”

Toegegee, die Covid-19-virussiekte is ’n werklikheid, nie ’n valse jas nie.

Maar ten spyte van die impak wat dit het op ons alledaagse lewens, is dit nou meer die vrees vir die onbekende toekoms wat miljoene mense lamlê en ’n bloedbad op die wêreldmarkte veroorsaak. Ons is bloot nog op soek na die skakelaar.

Vrees is ’n vreemde tweeling, maak seker jy kan die twee deeglik van mekaar uitken. Die HAT beskryf vrees eerstens: As “angs en skrik, om jou te bekommer oor iets wat ongewens is of ’n naderende onheil”. Voorbeelde is: ’n vrees vir slange, spoke, siekte en donderweer.

Interessant dat die vrese almal onvoorspelbaarheid gemeen het. Dié vrees vir onsekerheid is die bendeboetie, ’n rampokker wat chaos kan veroorsaak.

Interessant dat die vrese almal onvoorspelbaarheid gemeen het. Dié vrees vir onsekerheid is die bendeboetie, ’n rampokker wat chaos kan veroorsaak.

Die ander vrees word beskryf as ’n vorm van “ontsag, eerbied en respek vir iets”.

Dit is ’n soort vrees waar jy steeds koelkop kan bly. Johan Marais, uitvoerende hoof van die Afrika-slangbytinstituut en iemand wat al dekades lank in die slangbedryf is, sê: “Ek is nie bang vir slange nie, ek is versigtig. Ek het respek vir hulle.” (“’n Slang in jou gras” deur Johanna van Eeden in Rapport Beleef (02.20).

Dié vrees is ook meer van toepassing op Covid-19. Om so ontsag te toon deur voorsorg te tref vir die virus se onvoorspelbaarheid – deur jou hande te was en mond te bedek vir ’n hoes. So sorg jy dat jy nie die kant van die rampokkervrees kies nie.

Onsekerheid sit nie gemaklik aan ons nie. Dit herinner jou te veel aan jou menslike weerbaarheid en dat ons nie oor alles beheer het nie, maar maak vrede en gedy maar in onsekerheid. Die weervoorspelling is ook nie altyd reg nie.

Alle virusse en probleme kry tog uiteindelik hul ry.

Die vraag is, gaan ons iets wys word as die lig uiteindelik in die donker kamer skyn?

Die mense onder kwarantyn in Italië het gewys dat ’n positiewe ingesteldheid ’n somber wolk kan verdryf. Hul musiek wat weerklink uit hul balkonvensters dien as teengif vir triestigheid.

Soos die skrywer Ruth Gendler sê: “Vrees het ’n lang skaduwee, maar hy is in werklikheid baie klein.”

Gross is ’n omroeper, nuusleser en joernalis.

Meer oor:  Esté Gross  |  Vrees  |  Angs  |  Covid  |  Korona  |  Paniek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.