Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Vreesbevange 13-jariges word ‘willehonne’

Wat op die liewe aarde sê ’n Bok-afrigter vir sy manne as hulle met 24-3 agterloop en kop onderstebo agter die pale staan? Al wat hy seker kan sê, is: “Manne, manne, manne . . . ons is willehonne, willehonne, willehonne!!” en dan maar net hoop en bid hulle sien kans om terug te gaan vir die afskop.

Blouwillem

Genadiglik het ons manne uit hul diepe slaap wakker geskrik en ons ou landjie en vir ou Rassie gered.

Ja nee, die Slag van Magersfontein daar in Desember 1899 was miskien oortuigender, maar ai, dié een was self lekker!

Ouboet Tom sê daar was Saterdag so ’n piepklein kennisgewinkie in Die Burger se doodsberigseksie. Dit lui : “NORMAN KITLEY. Die 1967- o.14C-span van JJ du Preez, die oorspronklike WILLEHONNE, groet jou. Jy sal met deernis onthou word.”

Ek het nooit geweet dat Norman Kitley dié dag die afrigter was nie, maar wie wat dié kostelike storie al gehoor het, sal dié willehonne ooit vergeet? Kitley se willehonne-willehonne-aanmoediging en

-opswepery was natuurlik nie om Nico en die ander JJ du Preez-mannetjies tot ’n oorwinning teen die reuse van Paul Roos aan te spoor nie, maar bloot om hulle te motiveer om ten minste uit die skoolbus te klim.

-opswepery was natuurlik nie om Nico en die ander JJ du Preez-mannetjies tot ’n oorwinning teen die reuse van Paul Roos aan te spoor nie, maar bloot om hulle te motiveer om ten minste uit die skoolbus te klim.

Daai mannetjies onthou hom as ’n bakgat wiskunde- en wetenskap-onnie, ’n regte gentleman wat in ’n Harris-tweedbaadjie klasgegee het, nie ’n natuurlike talent vir rugbyafrigting gehad het nie, maar geweet het hoe om vreesbevange 13-jarige laaities uit ’n skoolbus te laat klim.

Ja nee, so het ons almal daardie afrigter êrens in ons verlede. En nie noodwendig net ’n rugbyafrigter nie – ’n afrigter wat geweet het hoe om met seuns se kop te werk. ’n Piet Smith, Fanna van Niekerk of ’n Jannie van Wyk. Nee, nie bekende Bok-afrigters of afrigters by bekende spogskole nie, maar ouens wat hul tyd en veral geduld gee om van ’n klomp maergat verloordertjies wenners te maak. Willehonne!

Toe ek as standerdtweetjie die dag voor ons eerste wedstryd by die huis kom, wou my pa weet watter posisie ek speel. My antwoord was: “Pa, ek het gehoor die een meneer sê vir die ander meneer ek gaan ’n hengse drawback vir die span wees.”

Pa, ek het gehoor die een meneer sê vir die ander meneer ek gaan ’n hengse drawback vir die span wees.

My pa het maar net sy kop geskud en die volgende oggend saamgegaan veld toe sonder om vir my te verduidelik dat daar op ’n rugbyveld posisies soos fullback en halfback is, maar definitief nie drawback nie.

En as ek sien hoe die helpers daar by die gekweste Bokke aangedraf kom met die energiedrankies (seker verskillende posbeskrywings soos “hulpafrigter-grootbottels” en “assistent­afrigter-naartjies) dink ek aan die dae toe oom Sak van Zyl die manne met ’n mengsel van suiker, melk en brandewyn laat speel het. Melk vir krag, suiker vir energie en brandewyn om te weet wat jy met al jou krag en energie moet doen. Willehonne!

Meer oor:  Blouwillem  |  Menings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.