Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Vriendskap met Jesus

Vir Jesus is die hoogste vorm van vriendskap wanneer jy jou lewe aflê vir jou vriende – soos wat Hyself gedoen het. Dit is die hoogste vorm van lojaliteit en liefde wat daar is. In Johannes 15 sê Jesus dat Hy ons sy vriende noem omdat Hy alles wie Hy is en het met ons kom deel het. Eerstens het Jesus sy Vader se hart met ons kom deel.

Toe het Hy ook sy liefde vir ons kom illustreer deur sy lewe vir ons af te lê. Verder beloof Jesus ook dat niks of niemand ons uit die greep van genade sal ruk nie. En dat Hy sy oorvloed van liefde en vreugde gedurig met ons deel. So lyk die hemelse vriendskap met ons. Al wat Jesus van ons vra, is dat ons sy gebooie sal gehoorsaam.

En sy grootste gebod? Wel, dat ons God sal liefhê, en ander mense ook. So bewys ons van ons kant af dat ons Jesus se vriende is. Terloops, tel jy onder hierdie bevoorregtes? 

Meer oor:  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.