Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Vrouemaand: Behou humor én die wonder

In die stuiptrekkings van Vrouemaand waarin soveel gewigtige, diepsinnige én ironiese dinge oor en vir vroue gesê is, is twee items nog op die agenda.

Heel eerste: Laat ons (mans en vroue) in ons ywer om vroue te eer en te bemagtig nie ons sin vir humor oor manwees, vrouwees en die veelbesproke stryd tussen die geslagte verloor nie.

Laat ons byvoorbeeld steeds saam skater en grinnik oor Defending the Caveman en The Vagina Monologues.

En agterna verstaan dit word gevoed deur stereotipering, die onbuigsame, foutiewe en moedswillige indrukke wat ons oor mekaar het.

Nouja, toe. Pappie het uiteindelik ’n verweer, maar mevrou bly regeer.

Ons hoef dus nie die uitputtende erns van Men Are from Mars, Women Are from Venus as die waarheid na te praat of te doen nie.

Ter viering dan van die stryd, hierdie komiese relaas oor die vrou wat so graag haar man voorgesê het. As die kinders kom kuier en sê “Pa, kom saam met ons Loftus toe vandag”, dan antwoord sy vrou: “Pappie sal nie vandag Loftus toe gaan nie.” As hulle hom nooi om ’n paar “kappe” in die kroeg te gaan maak, antwoord sy vrou: “Pappie sal nie vandag saam met julle kappe maak nie.”

Jare lank duur dit so voort en toe sterf die vrou. Die dag van die begrafnis is die pa soek. Hulle kry hom uiteindelik in die sitkamer waar hy lekker agteroor sit met ’n brandewyntjie en ’n sigaar. “Kom nou, pa, dis ma se begrafnis!” Antwoord hy: “Pappie sal nie vandag begrafnis toe gaan nie.”

Nouja, toe. Pappie het uiteindelik ’n verweer, maar mevrou bly regeer.

En hoe sy vrou “toelaat” dat haar romp teruggly van haar opgetrekte knieë om haar dye en die “absolute geografie” van haar lyf bloot te lê

Verder moet ons steeds die “magic” in die verhouding tussen man en vrou bedink en beleef, soos John Updike dit in sy “Wife-wooing” doen.

Hy vertel hoe hy en sy gesin op ’n Sondagaand op die vloer sit en wegneemkos eet. En hoe sy vrou “toelaat” dat haar romp teruggly van haar opgetrekte knieë om haar dye en die “absolute geografie” van haar lyf bloot te lê. Hy begeer om by haar te wees . . .

Later in die slaapkamer wil hy die lig afskakel, maar sy wil nog ’n bietjie boek lees. Die boek val later uit haar hand en sy slaap. “Cunning trick,” reken hy. By ontbyt die volgende oggend dink hy: “To my relief you are ugly. I feast with the coffee on your drabness. Every wrinkle and sickly tint a relief and a revenge.”

Dan kom die aand. Hy’s in die bed en bedink werksake. Dan: “You rustle the book, vanish upstairs into the plumbing; bathtub pipes cry. So I am taken by surprise at a turning when at the meaningful hour of ten you come with a kiss of toothpaste to me moist and girlish and quick; the momentous moral of this story being, an expected gift is not worth giving.”

Oplaas is liefhê die oermisterie – die onverwagte geskenk wat man en vrou ontvang en weer en weer aan mekaar teruggee.

Omdat die liefde die grootste is; buite begrip, maar binne die bereik as jy jou hart daarop sit en bly wonder hoe dié wonder bly.

Meer oor:  Wilhelm Jordaan  |  Seks  |  Vrou  |  Vroue  |  Vrouemaand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.