Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Waak teen jaloesie

Die spreekwoord lui dat ’n mens groen word van jaloesie. Jaloesie is ’n vernietigende emosie, so oud soos die berge. Genesis 4 vertel ons juis jaloesie was die rede vir die eerste moord op aarde, toe Kain sy broer, Abel, vermoor het nadat God sy offer aanvaar het. Jaloesie maak dat jy ander mense niks gun wat hulle het of wat hulle bereik nie.

Jy wil hê wat hulle het of wil soos hulle wees. Daarom skinder jy oor hulle en kraak hulle af met sarkasme en snedige opmerkings. Wees gewaarsku, jaloesie hou altyd erger gevolge vir jou in as vir diegene op wie dit gerig is. Jaloesie word ’n vernietigende vuur wat jou van binne af verteer. Daarom moet jy nooit gratis verblyfreg daaraan gee nie. Dit bots met alles wat die Here met jou lewe wil bereik. Bid dat Hy jou teen jaloesie sal bewaar.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.