Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Waaroor sou Johan Heyns deesdae preek?

By ’n vertoning die afgelope naweek van Adam Heyns se dokumentêre rolprent oor sy oupa, die NGK-teoloog Johan Heyns wat in 1994 vermoor is, vra ’n lid van die gehoor: Waaroor sou Heyns vandag gepreek het?

Teen die agtergrond van Heyns se siening dat apartheid “ ’n monster in hom huisves” en dat die eis van geregtigheid ’n noodsaak is, is daar sekerlik baie preekmoontlikhede.

Ek is geen teoloog nie, maar ek reken ’n Bybelteks uit die profeetboek Miga is gepas – net so gepas as wat dit was in die 1980’s toe hy dié teks se betekenis in ’n erediens in Waterkloof, Pretoria, uitgelê het. Die teks (Miga 6:6-8) vra: “Waarmee sal ek die Here tegemoetgaan en my buig voor die hoë God?”

’n Reeks dinge word genoem, elke keer met ’n vraag. Byvoorbeeld: “Sal ek na die Here kom met brandoffers en jaaroud kalwers; met duisende ramme en tienduisende strome olie . . .?”

Ek onthou nie al die besonderhede nie, maar Heyns het ’n reeks dwingende vrae oor eietydse lewensdinge gestel. In dié trant: Sal ek na die Here kom met my ontwyfelbare geloof, onkreukbare karakter en mooi lewe; Sal ek na die Here kom met my aansien, my bankbalans, my lewensprestasies en aansienlike bydraes; Sal ek na die Here kom met my keurige, innige gebede; Sal ek na die Here kom met my getroue kerkbesoek, altyd bereidwillige diens, al my liefdadigheid; Sal ek na die Here kom met my fyn beredeneerde kerklike dogma, teologiese insigte en helder eksegeses?

Opeens ná al die vrae het Heyns sy gehoor byna dramaties gekonfronteer met die eenvoud van dié onverbiddelike eis: “Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is: Wat vra Hy van jou anders as om reg te doen, liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God.”

Wat vra Hy van jou anders as om reg te doen, liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God.

uis buite die konteks van kerk en prediking was dié gedagtegang Heyns se leitmotief in sy gesprekke en onderhandelings met alle mense, ook dié wat van hom verskil het.

Dié leitmotief is gedra deur sy diep verbondenheid aan dialoog as instrument tot tussenmenslike ontmoeting en dat ’n “werklike hartsverandering” die insluiting van alle mense behels.

Hy het vas geglo dat geweld – soos dit toe geheers het – die groot monoloog was, die ding wat gesprek tussen mense wil doodmaak, die redelike woord wil laat sterf. Dit dring tussen mense in, ontneem hul integriteit, maak hulle beangs. Soos bang hasies in ’n woud wat brand.

Saam met baie ander het hy gepleit vir die instandhouding van die selfondersoekende krag van die rede, dat mense – ook in die Afrikaner se binnekringe en versplinteringe – met mekaar sal bly praat omdat ’n mens daarsonder nie meer mens is nie.

Uit die geweld van sy dood en dié van soveel ander sedertdien kom daar steeds ’n wekroep: Dat die wil tot dialoog en ontmoeting sal seëvier in die groot en klein besonderhede van ons saambestaan. Ter wille van deurleefde gelykheid en geregtigheid.

Jordaan is ’n buitengewone professor in sielkunde aan die Universiteit van Pretoria.

Meer oor:  Wilhelm Jordaan  |  Kerk  |  Godsdiens  |  Geloof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.