Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Waar’s die dae van die regte, egte Stetson?
Johan van Wyk

Die dekaan van Stellenbosch se landbou-fakulteit het by geleentheid gesê sommige boere se swak kleredrag is nie bevorderlik vir die landbou se beeld nie.

Dit het my laat wonder hoe bevorderlik sommige ANC-ministers en ander hoëkoppe se kleredrag vir die ANC se beeld as kampvegter vir die armes is. Dis mos waarvoor die ANC hom uitgee.

Soos die minister van polisie wat elke keer as hy op TV verskyn ’n ander hoed op het en die minister van binnelandse sake wat klaarblyklik ’n eindelose versameling snyerspakke in sy klerekas aanhou. Manshoede en snyerspakke is nie goedkoop nie. Net rykes kan dit bekostig.

Eskom se treurige geldsake het my juis ook laat wonder wat die hoed gekos het wat sy voorsitter opgehad het toe hy die skokkende aankondiging van miljarde se vermorsing gedoen het.

Daar was ’n tyd toe die meeste boere ingevoerde Borsalinos, Stetsons en Battersby’s gedra het.

Nie dat ek nie van hoede en mooi klere hou nie, inderdaad. Dit sê iets van styl en karakter. Jy kan ’n man wat ’n hoed dra, vertrou. Wel, miskien nie almal nie, maar darem. ’n Boer sonder ’n hoed is soos ’n huis sonder ’n moeder. Nié sommer enige hoed nie, maar ’n Borsalino ingevoer uit Italië met ’n glin-sterende pouveer in die sweetband. Wind-maker, effens skeef op die een horing.

Alexis du Toit van Waaikraal, Bloemfontein, was nooit sonder ’n Borsalino op sy kop nie. My pa het Battersby’s gedra by ’n gabardine-pak en ’n kakiedas en oprygstewels van egte leer wanneer hy dorp toe gegaan het. En Saterdae ’n wit broek en Sondae kerk toe ’n Homberg.

’n Boer sonder ’n hoed is soos ’n huis sonder ’n moeder.

Daar was ’n tyd toe die meeste boere ingevoerde Borsalinos, Stetsons en Battersby’s gedra het. Jy sien dit omtrent nie meer nie. Dit het uit die mode geraak en is feitlik onverkryg-baar. Dis vervang deur verspotte Amerikaanse bofbal-keppies met allerlei handelsname op.

Dis nou nie juis wat ek styl sal noem nie. Nog te meer as dit agterstevoor gedra word. Hoekom, weet ’n mens nie. Dis omtrent so erg as ’n plastieklemoen aan jou bakkie se lugdraad en “begrafnisgras” op die dashboard. Sit ’n boer ongeskeer met ’n bierpens in ’n kort broekie by tekkies agter die wiel, en jy speel so reg in die kraal van mense wat boere graag as smaaklose bekvelders tipeer.

Gelukkig is nie almal so nie, maar in die algemeen sien ek nie juis boere wat op veeveilings, kongresse, boeredae en skoue (ekskuus, “Ekspo’s”) smaakvol en elegant geklee is nie. Ek gril vir Crocs by ’n tweekleur-kakiehemp wat oor ’n broek hang. Ware mans steek hul hemp by hul broek in.

Dalk is dit omdat boere op hulle eie by die koöperasie klere koop, pleks van dit aan hulle vrouens oor te laat om dit by ’n mansuitruster te kies. Vroue het beter smaak vir mansklere as mans. Van die bes geklede mans se klere word deur hul vrouens gekoop.

Hulle bly darem steeds die sout van die aarde wat kos op ons tafel sit.

Meer oor:  Johan Van Wyk  |  Boere  |  Plase  |  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.