Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Wanneer uitstel jou op ’n dag skielik inhaal
Esté Gross, omroeper by RSG.

Vrye wil is ’n vreesaanjaende ding. Tog is dit bevrydend om vir jouself te kan dink, maar dit is ook waar die versoeking om uit te stel en af te stel, graag ’n draai kom maak, en voor jy jou kan kry het ’n molshoop werklik in ’n berg ontaard.

Miskien is dit waarom dit my elke keer so fassineer as ek op ’n artikel of berig afkom van ’n posman wat liederlik versuim het om die pos af te lewer.

Net vanjaar is ’n posman in Japan gepos omdat hy nie gebodder het om 24 000 posstukke af te lewer nie.

Maar die eintlike storie wat my bybly is dié van ene meneer Paul Willicott, ’n gewese posman van die Royal Mail in Engeland.

Die berig het in 2011 op DailyMail.co.uk verskyn, maar dien steeds vir my as ’n skriftelike waarskuwing wanneer uitstel in my oor kom fluister.

Willicott het daarin geslaag om binne drie jaar meer as 30 000 onoopgemaakte briewe en pakkies in sy huis, motorhuis en in sy motor se kattebak op te gaar.

Willicott het daarin geslaag om binne drie jaar meer as 30 000 onoopgemaakte briewe en pakkies in sy huis, motorhuis en in sy motor se kattebak op te gaar.

Hy is slegs uitgevang omdat ’n verbyganger die pos in sy motorhuis gesien en hom gaan verklap het.

Willicott se verweer was dat sy werklading te groot is en dat hy as deeltydse werknemer nie genoeg tyd gehad het om in sy daaglikse skof van vier uur al die pos op sy roete af te lewer nie.

Die hoeveelheid posstukke het hom later so oorweldig dat hy die orige pos van elke dag in sy huis begin bêre het, met die voorneme om dit af te lewer wanneer sy werklading ligter word. Dié dag het nooit aangebreek nie . . .

Toe die owerhede die pos sorteer, was ’n derde daarvan gemorspos.

Miskien is die rede vir ons eie uitstel ook maar ’n groot gedeelte gemorspos, ons vrese wat ons soms terughou.

Miskien is die rede vir ons eie uitstel ook maar ’n groot gedeelte gemorspos, ons vrese wat ons soms terughou.

Vir my is 2020 die verbyganger wat na elkeen van ons se motorhuis kyk en ons wys op die sakke onafgelewerde pos wat ons so maklik in ’n gejaagde lewe opsy skuif.

Ons het beleef hoe dit voel as die kuiers wat jy uitstel met jou ouers, familie en vriende ewe skielik nie moontlik is nie. En hoe jy die buitelug mis as jy nie met jou voete in die natuur kan staan nie.

Miskien kry ons ook kans om eerliker met onsself te wees. Het jy dit wat jy uitstel omdat jy nooit tyd het nie, gedoen toe jou kalender skielik wawyd oop was? Beplan jy om dit ooit werklik te doen?

Nie alles wat onafgehandel is, is so sigbaar soos ’n hoop onafgelewerde briewe nie, maar dit neem tog spasie in jou huis en kop op.

Daar is onafgelewerde woorde, drome en oproepe wat jy dalk elke dag, vir ééndag, op die rak sit.

Vandag is nog ’n kans om daardie sak briewe oor jou skouer te gooi en voor sononder jou roete te voltooi.

  • Esté Gross is ’n omroeper, nuusleser en joernalis.
Meer oor:  Esté Gross  |  Uitstel  |  Dade  |  Afstel  |  Poswerker  |  Leefwyse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.