Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Weeg jou woorde só

Jy skuld ander mense altyd ’n stuk eerlikheid, veral as daar fout is in hul lewe. Prediker 7:5 sê die eerlike woorde van ’n wyse is kosbaarder as die vleitaal van ’n dwaas.

Leer by John Woolman (1720-1772), ’n Amerikaanse kleremaker wat hom beywer het vir die afskaffing van slawerny. Toe hy met inheemse Amerikaners moes gesels, het die plaaslike leier sy hand eers op Woolman se bors geplaas. “Ek wil voel waar sy woorde vandaan kom.” Ná ’n ruk gee hy ’n teken dat mense maar na Woolman kan luister. Sy woorde kom uit die hart. Vir die Here tel hartstaal meer as dooie lippetaal.

Praat opbouend. Moenie afkraak, afbreek, slegsê en verneder nie. Bemoedig. Laat jou woorde wees soos die fynste silwer soos in Spreuke 10:20. 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.