Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Weeklag en stryd kan ink wees vir verhale van hoop

Ons gesprek gaan oor klaagliedere en stryd, maar ook oor hoop. Én oor teologie uit en vir Afrika. Die geleentheid is die jaarlikse teologiese dag van die fakulteit teologie aan die Universiteit Stellenbosch.

There are things that can be seen only with eyes that have cried.

Die hoofspreker, die Suid-Afrikaanse teoloog en intellektueel Tinyiko Maluleke, wys in sy voordrag op die skade wat sekere vorme van teologie-beoefening op ons vasteland teweeggebring het, maar hy vra ook aandag vir die ryk bronne wat benut kan word vir ’n geloof en teologie wat ons gesitueerdheid in Afrika ernstig opneem.

Iewers in sy lesing verwys Maluleke na ’n vertelling waarmee die Ugandese teoloog Emmanuel Katongole sy boek Born from Lament: The Theology and Politics of Hope in Africa afsluit.

By die amptelike ondertekening in 2002 van die dokument wat aan twee jong gelowiges uit Oos-Afrika die status van martelare verleen, het die ink van pous Johannes Paulus II se pen opgeraak.

Hy leen toe die Afrika-aartsbiskop se pen, en vir Katongole (en Maluleke) word dit ’n simbool van die moontlikheid dat stories van hoop uit Afrika die ink word wat nuwe lewenskrag aan die Christendom se verhaal in die 21ste eeu sal verleen.

Katongole vra in sy boek hoe ’n politiek van hoop in Afrika lyk. Wat opval in sy bespreking van dié vraag, is dat hy nie hoop van verskriklike realiteite soos oorlog, geweld, uitbuiting, verkragting, korrupsie en armoede wil skei nie.

Maar wat Katongole wel ook in sy boek wil uitwys – onder meer deur die verhale van mense wat volgens hom hoop beliggaam – is dat hoop te midde van swaarkry en stryd vorm aanneem, ook dikwels as ’n argument en worstelstryd met God.

Daarom sy stelling, in aansluiting by sy boek se titel: “Hope is born from lament.” Hoop is dus nie maar net ’n soort optimisme wat die oë vir die harde werklikheid sluit nie.

Een van die stories waarna Katongole in sy boek verwys, is die merkwaardige bediening van aartsbiskop Christophe Munzihirwa van die DRK. Hy het hom daarvoor beywer dat Rwandese vlugtelinge ná die volksmoord van 1994 met menslikheid en billikheid behandel word, en in die proses het hy met sy lewe geboet.

Katongole vra wat sy bediening gemotiveer het, en hy vind deel van die antwoord in een van Munzihirwa se gunsteling-uitdrukkings, ’n aanhaling wat ons herinner dat weeklag en worsteling inderdaad die ink vir verhale van hoop kan wees:

“There are things that can be seen only with eyes that have cried.” 

Meer oor:  Universiteit Stellenbosch (Us)  |  Stryd  |  Afrika
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.