Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Wees daar vir mekaar

Onderwysers , ouers en sommige huweliksmaats hoor dit gereeld: “Niemand verstaan my nie.” Wie kan hierteen stry? Maar sê nou almal sou verstaan? Wat dan?

Is dit nie ’n veel beter roete om eerder net daar te wees vir mekaar, selfs al verstaan ons nie mekaar se omstandighede of gevoelens nie?

Ons kan nie alles verstaan nie. Ons kan nie almal se diepste belewenisse en motiewe begryp nie. Ons ken net ten dele, soos wat Paulus in 1 Korintiërs 13 skryf. Maar ons kan wel vir mekaar omgee. Nee, ons moet!

Ons kan in die Heer se Naam ons skouers vir iemand anders aanbied om op te staan. Ons kan ons ore aanbied om net te luister. En ’n sakdoek aangee om trane af te droog en seerplekke te verbind. Dan leef ons regtig op Jesus se pad. 

Meer oor:  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.