Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Wees jouself voor God

“Ons gaan vir onsself groot naam maak.” Dit was die uitgangspunt van Babel se toringbouers in Genesis 11. So ambisieus en arrogant was hulle dat hulle selfs gedink het hulle gaan God onttroon met hul toring. Hulle het ’n hemelse staatsgreep in gedagte gehad.

Maar Genesis 11 vertel op ’n ironiese manier hoedat God moes opstaan van sy troon en afbuk om hierdie egoïstiese spulletjie raak te sien. Sulke hoogmoed walg Hom. Nog altyd. God kan menslike selfvoldaanheid nie uitstaan nie. Oppas hiervoor. Wees nederig. Jy hoef nie ander mense te probeer beïndruk nie. God het jou gemaak. Vind jou vrede en jou vreugde in die Here.

Vind jou waarde heel eerste in wie jy is voor God. Weet dat die Here tevrede is wanneer jy net jouself in sy teenwoordigheid is en ook tussen ander mense.

Meer oor:  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.