Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Wees ’n getuie vir God

In Joh. 4 oortree Jesus ’n kulturele taboe deur met ’n Samaritaanse vrou by ’n waterput te praat. Sy was ook promisku. Maar haar sondes is nie Jesus se aanknopingspunt nie. Hy leer haar dat Hyself die Messias is. Ook vertel Hy haar dat God in die Gees en waarheid aanbid moet word. Nou gaan dit nie meer oor die Jode se heilige stad, Jerusalem, of oor die Samaritane se heilige berg, Gerisim, nie. Die Gees se nuwe waarheid is nou oop vir almal.

Met wysheid, en met ’n oop hand vol genade, verander Jesus haar lewe. Sy is so oorweldig deur Jesus se genade dat sy haar dorpsgenote gaan haal om Hom te ontmoet. Spontaan is sy aan diens as sy getuie. Mag dié Samaritaanse vrou ook ons leermeester wees oor hoe om magnetiese getuies te wees vir ons genadige Heer.

Meer oor:  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.