Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Wees op die regte Plek

“Ligging, ligging, ligging!” Die regte adres is alles, ook vir navolgers van die Here. Met name is dit die Here se wingerd. In Lukas 13:6-9 vertel Jesus van dié wingerd. Hyself is hier aan die werk as die Tuinier. Hier sorg Hy vir vrugte in oorvloed. Hier versorg Hy ook daardie een vrugtelose vyeboom wat nutteloos in die wingerd rondstaan. Jesus plaas sy eie reputasie op die spel deur al die werk te doen sodat hierdie boompie kan vrugte dra.

Ek het ’n vermoede ek is hierdie vrugtelose vrugteboom wat net ruimte opneem in die Here se wingerd. Maar ek weet iets aardskuddend – ek weet die Tuinier gee nie op met my nie. Hy het ’n seisoen van grasie vir my bewerkstellig, ’n seisoen van hemelse bemesting. Daarom vertoef ek in sy wingerd. Ek kyk elke dag waar die Here is, dan sorg ek dat ek daar is. Daar is die wingerd. Daar reën dit seën. Daar neem die regte vrug vorm aan. Wees saam met my daar. – 

Meer oor:  Godsdiens  |  Geloof  |  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.