Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Wie se mening glo jy?

Almal het opinies. Tog is nie alle menings altyd ewe geldig nie. As ek in ’n vliegtuig sit, is die vlieënier se mening oor hoe om hierdie masjien in die lug te hou beslissend, nie die passasier langs my s’n nie. As ek by my tandarts is, vertrou ek sy mening ligjare meer as my eie, of as Google s’n.

Ek glo dieselfde oor die Bybel. Ek weet baie mense het menings oor die Bybel, maar party mense se stem dra vir my meer gewig as ander s’n. Ek praat van diegene wat deur God toegerus is om die Skrif reg uit te lê.

Filippus, van wie Handelinge 8 vertel, was een so ’n persoon. Hier word hy gestuur na die hofdienaar van Etiopië wat die Bybel gelees het sonder om te verstaan wat dit beteken. Filippus moet dan vir hom die Skrif uitlê. Ons elkeen kort ’n Filippus in ons lewe wanneer ons ons menings vorm oor die Bybel. O ja, en ook die Heilige Gees se leiding. 

Meer oor:  Geloof  |  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.