Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Wysheid is om te weeg

Prediker 7:5 sê dit is beter om te luister na die teregwysings van ’n wyse persoon as na ’n dwaas se komplimente.

Ons almal benodig ’n eerlike vriend of twee wat padlangs met ons praat as ons droogmaak. En wat reguit sal sê wanneer ’n koersverandering in ons lewe nodig is.

Hoe ons sulke eerlike gesprekke hanteer, sê alles oor onsself en ons innerlike karakter. Spreuke 9:8 leer immers dat dwase sulke teregwysings nie kan uitstaan nie, maar dat wyse mense diegene liefhet wat hulle vermaan.

Nie alle eerlike menings is wyse raad nie. Nie alle kritiek is opbouend nie. Om op die Here se pad van wysheid te leef, moet ons leer om kritiek te weeg en nie te tel nie. Die insigte en eerlikheid van mense wat die Here se pad met wysheid bewandel, is wat ons nodig het, nie dwase se vleiende woorde of afbrekende geraas nie. 

Meer oor:  Sielsgoed  |  Stemme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.