Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Spotprente
‘Dis net geluk dat elemente saamwerk’

Niël van Vuuren, Beeld en Volksblad se spotprenttekenaar en gekwalifiseerde politieke wetenskaplike in eie reg, kies op die koerant se versoek sy gunstelingwerke van 2018 se nuuswoelinge.

Niël van Vuuren Foto: Deaan Vivier

Ná nóg ’n besige nuusjaar en 300 spotprente later, is dit baie moeilik om net ’n paar prente uit te sonder.

As ek so deur die jaar se argiewe swerf, besef ek weer hoe baie gebeur het en hoeveel van wat gebeur het, uitgekrap en uitgelig is deur die broodnodige media.

Van “Ramaforie” tot die blootlegging van die verrotting van Jan Taks, die nasionale vervolgingsgesag, die SAL, SAUK en die Vaalrivier.

Skandes en onthullings van bekende figure in die openbare en private sektor, die grootste korporatiewe skandaal en die verreikende ineenstorting van Suid-Afrika se kragnetwerk.

Die prente wat ek gekies het, vertel noodwendig die storie van die grootste gebeurtenisse vanjaar.

Formele elemente soos sim­bole, woordspeling, humor, ensovoorts is belangrik, maar ek het sommer die prente gekies wat lekker was om te teken en wat in my soektog dadelik die aandag getrek het.

Daar is in elk geval baie meer subjektiewe en informele aspekte wat ’n spotprent laat uitstaan.

Dikwels is dit net geluk dat die komposisie, tekenwerk, gesigsuitdrukkings en ander elemente saamwerk gedurende die skeppingsproses. Ek probeer altyd luister na daardie stemmetjie wat vir my sê: “Hou op dink en begin teken!”

So, met dié stemmetjie in my kop is die volgende ’n paar prente waarvan ek gehou het.

Aan die begin van die jaar is die nuus oorheers deur die Zuma-Ramaphosa-leierskapstryd met Zuma se onwilligheid om as president van die land te bedank en die leisels aan Rama­phosa oor te gee.

Ek het probeer om dit in “die oorgee” op ’n ligte, maar hopelik treffende manier uit te beeld.

Die “moedswilligheid” op Zuma se gesig en Ramaphosa se verbasing verleen ook ’n bietjie komiese kontras aan die prent.

Uiteindelik het ’n koppige Zuma tog bedank en dít het my die geleentheid gegee om dalk ’n laaste keer ’n gunsteling, die gewoel oor die Nkandla-brandpoel, te gebruik. Die resultaat was “Pappa kom huistoe!”

Net die vroue en kinders is genoeg om die hele blad vol te maak.

Hierdie soort volbladprent, waarin daar só baie aksie is, is lekker omdat ek dit kan “laai en laag” met detail om al die komiese nuanses vir die leser uit te rek.

Net die vroue en kinders is genoeg om die hele blad vol te maak.

Soos altyd was rugby weer vanjaar goeie afleiding van die swaar politieke stories en skandes.

Vroeg reeds in Rassie Erasmus se termyn het die Bokke hul rieme styfgeloop teen Argentinië (Poemas). “Eina . . .)”, die spotprent wat die hartseer-storie vertel, was ’n grafiese prent wat die bekende Poema-kenteken gebruik het om die loesing te simboliseer.

Deur twee bekende simbole op hul kop te draai en die feit dat dit eintlik net ’n silhoeët is, hoop ek om die boodskap op ’n eenvoudige manier tuis te bring.

Die Springbok-sorge het nie daar geëindig nie en teen die einde van die jaar was dit weer ’n skeidsregter, Angus Gardner, se beurt om al wat ’n Springbok-ondersteuner is die joos in te maak.

Dit was oor die strafskop wat hy nie toegeken het teen Engeland nie, omdat kwansuis “genoeg arms gebruik” is.

Die “oogtoets”-spotprent kon ’n bietjie van die pyn verlig, maar ook net ’n bietjie.

Niël van Vuuren
Niël van Vuuren
Niël van Vuuren
Niël van Vuuren
Niël van Vuuren
Niël van Vuuren
Niël van Vuuren
Niël van Vuuren

Meer oor:  Spotprente
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.