SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Stemme
Beeld, Die Burger en Volksblad sê: Demokrasie is nie volmaak, maar dis beste wat ons het
Pres. Donald Trump van Amerika. Foto: Reuters

Oor die vraag of pres. Donald Trump ingevolge die Amerikaanse grondwet in die kongres aangekla en afgesit moet word, dink mense anders.

Een groep aanbid hom, ’n ander verag hom uit die grond van hul hart, en nóg ander weifel.

Wat die aanklagprosedure sover reggekry het, is om die kloof in die Amerikaanse samelewing te vergroot van diep tot haas onoorbrugbaar. Sommige Amerikaanse politieke kommentators praat al van ’n soort burgeroorlog.

Reeds tydens die verkiesingsveldtog van 2016 was daar uit die Trump-dampkring dreigemente van geweld en bloedvergieting as Trump sou verloor. Nou weer hoor jy ’n steeds luider wordende gebrom oor openbare geweld as die kongres die president uit sy amp onthef.

Enersyds laat dit ’n mens vra of die Demokrate die land ’n guns doen met die aanklagprosedure, met ander woorde, is die kool die sous werd?

Enersyds laat dit ’n mens vra of die Demokrate die land ’n guns doen met die aanklagprosedure, met ander woorde, is die kool die sous werd? Die antwoord hierop sal eers mettertyd blyk, maar intussen kan ’n onrusbarende toename in die polarisering waargeneem word.

Meningsverskil en debatvoering lê aan die grondslag van die demokrasie. Die enigste manier om mense te kry om oor álles saam te stem, is om hulle te dwíng – en dít beteken per definisie die einde van die demokrasie.

Die demokratiese stelsel is ten beste morsig en onbevredigend. Soos Winston Churchill dit gestel het: Dit is die slegste van alle stelsels wat al ­probeer is – behalwe al die ander.

Overgezet zijnde, so onvolkome en onvolmaak as wat die demokratiese stelsel is, is dit ál wat ons het. En dit beteken permanente gisting en verdeeldheid.

Altans, tot op ’n sekere punt. Daar kom ’n moeilik bepaalbare punt waar die wedersydse slegsêery en verdagmaking netto steeds nadeliger word.

Amerika is tans by daardie punt. Dis die punt waar ’n mens moet vrees dat die – andersins stewig gewortelde – demokrasie die slagoffer word.

In dié proses speel sowel Trump en sy Republikeine as die Demokrate ’n rol.

Suid-Afrikaners, wat met hul eie verdeeldheid te make het, kan gerus die politieke proses in Amerika dophou. As ons ons eie demokrasie wil laat slaag, kan ons by Amerika leer.

Meer oor:  Donald Trump  |  Hoofartikel  |  Amerikaanse Grondwet  |  Demokrasie  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.