SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Stemme
Debat van die week: Die Ghoemas en Afrikaans

Die Ghoema-musiektoekennings se besluit om die benoeming vir die musiekvideo "Die Land" te onttrek is gedoen op versoek van Multichoice wat nie sy weg oopgesien het om andersins sy borgskap voort te sit nie, weens Steve Hofmeyr se deelname aan die video.  Dit het tot groot debat oor sensuur, Afrikaans en borgskappe gelei. Lees die meningstukke wat die afgelope week hieroor op Netwerk24 verskyn het.

Tim du Plessis

In sy meningstuk: Ghoemas, Breyten en Prinsloo tot Steve skryf Tim du Plessis onder meer: Suid-Afrika het 'n "trotse tradisie van die gruwelike skending van die reg op vrye meningsuiting en kreatiewe uitdrukking om dienstigheid te betuig aan 'n heersende ideologie en sy politieke afdwingers."   


Ivor Price

Ivor Price reken weer die Ghoema-stryd gaan nie oor Afrikaans nie. "Toevallig dink ek ook dit is taamlik swak smaak van Multichoice om enkele dae voor die Ghoemas 'n benoeming te onttrek," skryf Price. Maar hy verskil daaroor dat die onttrekking 'n aanslag op Afrikaans is.

Leopold Scholtz.

"Die herrie oor Multichoice se 'verbod' ... sal nie gou gaan lê nie. Met reg, want dit dwing ons om opnuut te kyk na sake soos spraakvryheid en politieke korrektheid," skryf Leopold Scholtz in sy meningstuk: Dié sensuur was 'n dwase besluit


Koos Kombuis

Koos Kombuis meen in As 'n Volk Skeur die gebeure met die Ghoema-boikot het die verdelingslyn tussen Afrikaners laat kraak en niks kan ooit weer dieselfde wees nie. 


Barnard Beukman

Barnard Beukman haal Yeats se gedig "The Second Coming" aan in sy meningstuk Die heeltydse afbrekers het geen bouplan en skryf onder meer, "Miskien is dit juis omdat die middelgrond volgens sommige ontleders 'n deurmekaar, onoortuigende en futlose omgewing geword het dat daar so na die kante getrek word."  

Meer oor:  Barnard Beukman  |  Koos Kombuis  |  Ivor Price  |  Tim Du Plessis  |  Steve Hofmeyr  |  Ghoema
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.