Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
Om drie grotes in Afrikaans te kan belééf

Hierdie lewe.

Min dinge maak my so angstig om te beleef as om dié drama gebaseer op Karel Schoeman se meesterwerk vandag te sien.

Antoinette Kellerman, veelbekroonde aktrise, speel die rol van die vrou wat op haar sterfbed terugdink aan haar lewe op ’n eensame plaas in die Koue Bokkeveld.

Om dit ’n jaar ná Schoeman se dood in sy moederstad te sien, is ontsettend.

Ek glo nie aan toeval nie.

Ek het verlede week genoem dat ek Karel Schoeman se gesig op my een skouer wil tatoeëer met die woorde “Hierdie lewe” daarby. Sonder dat ek kennis geneem het dat die drama presies ’n week later op die Vrystaat Kunstefees te sien sal wees.

Vandag sal ek eenvoudig daar moet wees.

Om Schoeman en een van die grootste boeke in Afrikaans te eer.

Ingrid Jonker is onsterflik. Meer as 50 jaar ná haar dood, betower haar gedigte steeds mense oor die wêreld heen.

Soos ek gister die voorreg gehad het om Eugène Marais te eer met die uitsonderlike produksie Uit die bloute op die fees.

Ek onthou die eerste opvoering hiervan in 1996 met Gys de Villiers en Anna-Mart van der Merwe wat die rolle van Hendrik en Ragel gespeel het. Maar die musiek van Marimba sal my altyd bybly. Ek bewaar die CD soos goud.

“Weet iemand wat van Marimba geword het?” vra ek op Facebook. Maar toe ek die stem hoor van die blonde musikant was my vraag onnodig. Dit is dan Lizanne Helberg wat sing! Ek was versot op haar en daai wonderlike Eugène Marais-liedjies.

Giel van Zyl, vervaardiger, bevestig ná die vertoning aan my dit is die einste Lizanne. Net een mens het daardie pragtige stem.

Die geheim vir Afrikaans se voortbestaan is om dit onsterflik te maak.

Van groot, onsterflike Afrikaanse werk gepraat. Dit was vir my ’n groot voorreg om op die Literatuurfees met Petrovna Metelerkamp, skrywer van Ingrid Jonker: ’n Biografie, te gesels. Dit is een van die beste boeke in Afrikaans wat ek die afgelope tyd gelees het. Die verhaal van die digter se lewe tot op die laaste, hartverskeurende oomblik in Drieankerbaai toe haar lyk in die vlak water gekry is, lees soos ’n magies realistiese roman.

Ingrid Jonker is onsterflik. Meer as 50 jaar ná haar dood, betower haar gedigte steeds mense oor die wêreld heen.

Die geskiedenis het bewys dat sy onsterflik is, het Metelerkamp gesê.

“Ek dink sy bly leef omdat sy so baie mense se gevoelens verwoord. Sy probeer nie deftig wees nie. Sy probeer nie slim klink nie. Sy probeer glad nie intellektueel wees nie, al was sy wat my betref hoogs intellektueel,” het sy aan my gesê.

“Sy skryf oor die diepste menswees (en) skryf goeters op ’n toeganklike manier.”

Die geheim vir Afrikaans se voortbestaan is om dit onsterflik te maak. Hier het ek drie voorbeelde in drie dae.

Die res is aan ons oorgelaat. Lees die taal. Gaan kyk dit. Praat dit. Lééf jou taal.

Meer oor:  Eugène Marais  |  Karel Schoeman  |  Menings  |  Opvoerings  |  Afrikaans
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.