Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
Rubrieke wat lagspiere geprikkel het

Suid-Afrikaners het in 2017 genoeg gehad om oor mismoedig te wees en dikwels is hulle selfs tot trane gedryf: deur die politiek, die ekonomie, die Springbokke . . .

Gelukkig het van Stemme se rubriekskrywers soos Koos Kombuis en Rian van Heerden mense se trane soms van die lag, eerder as verdriet, laat rol.

Hier is drie van die rubrieke wat die lagspiere in 2017 geprikkel het.

1. Koos Kombuis: ‘Goddank die feesgety is verby!’

Koos Kombuis

Vakansie is allesbehalwe altyd pret. Gee hom eerder die rustige lewe van deadlines en e-mails en selfone wat aanhoudend lui as die eksistensiële angs van vakansie, het Koos Kombuis geskryf. Goddank die feestyd is verby. Goddank die vakansie het sy gat gesien. Daar is nie iets soos vakansie nie. Daar is net verskillende soorte stres.

Lees die volledige rubriek hier.

2. Hoekom blaf die honde by die hekke van die bure?

Rian van Heerden

Soms kan jou vakansie wel prettig wees, maar dan word dit bederf deur faktore buite jou beheer. Soos die buurman se hond. Rian van Heerden het sy nare ervaring met lesers gedeel: Jy sien, hierdie hondjie het die vermoë om soos ’n ou plaat vas te haak. Dan het hy ook die vermoë om sy stem oor myle heen te laat dra. Ek is vas oortuig dat jy hierdie hond op Everest sal hoor blaf as jy iewers in Nepal in ’n klooster jou gebedskrale sit en ryg.

Lees die volledige rubriek hier.

3. En toe relapse Noag op 601

Le Roux Schoeman

Le Roux Schoeman se rubrieke het baie lesers diep laat dink. Sy somtyds aweregse humor het hulle ook soms laat skaterlag. Lees gerus hoe hy hom Noag se relapse verbeel het: Sommige aande, met sy woorde skaars hoorbaar bo die gekletter van die reën op die gofer en die geblêr en -runnik en -brul met die gang af, sou Noag kortliks sy storie deel. Hoe dit was, wat gebeur het en hoe dit nou is. “Ek weet ek het nog een relapse in my, maar ek weet nie of ek nog ’n recovery in my het nie,” sou hy sê op aande wanneer sy gemoed swaar en sy gees neerslagtig was.

Lees die volledige rubriek hier


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.