Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
#taalgeneraal: 10 bevange woorde uit jou skooldae
Riaan Grobler

Dink terug aan jou skooldae en spesifiek aan die woordeskat wat jy en jou vriende toe gebruik het.

Die kanse is skraal dat jy steeds dié woorde daagliks gebruik.

Hierdie fenomeen word taalkundig as ’n sosiolek beskryf – volgens die Verklarende Afrikaanse Woordeboek as ’n “kenmerkende taalvorm soos ontwikkel en gebruik deur 'n bepaalde sosiale gemeenskap”.

Ek het ’n paar vriende gevra watter woorde hulle kan onthou van hul skooldae en 10 van die gewildstes hier gebruik.

10. nool – ’n simpel persoon. “Kyk wat het daardie nool met jou rugbybal gedoen.”

9. ghwel – spoeg. “Moenie op die stoep ghwel nie.” 

8. spiff – lekker, mooi, uitstekend. “Jy moet my spiff nuwe fiets sien.”

7. ghoef – swem. “Kom ons gaan ghoef in die dam.”

6. bevange – fantasties, ongelooflik. “Daai nuwe Bon Jovi-CD is bevange, hoor.”

5. tappit – laeklas-persoon. “Was bietjie jou hare, jy lyk tappit.”

4. zaan – sigaret. “Steek weg daai zaan voor die prefekte jou sien.”

3. horing – sleg, aaklig. “Warm Coke is regtig horing.”

2. poegie – klein motorfiets, bromponie. “Leen my bietjie jou poegie, ek moet zaans gaan koop.”

1. kief – lekker, genotvol, oulik, mooi. “Kyk my kief nuwe Gypsy’s.”

Onthou jy dié woorde? Watter ander woorde het jy en jou maats op skool gebruik?

Laat weet ons gerus in die kommentaar-afdeling! 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.