Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
#taalgeneraal: Engelse woorde wat jy wéét jy gebruik

Sal dit nie awesome wees as Afrikaanssprekendes ophou om Engelse woorde te gebruik nie?

Natuurlik is baie Engelse woorde cute of cool, maar klink dit nie bietjie stupid nie?

Die meeste van ons love tog ons taal.

Het jy al actually probeer om ’n hele dag lank suiwer Afrikaans te praat? Sal dit nie amazing wees nie?

Obviously moet jy die actual Afrikaanse woorde ken, so ek het basically ’n paar voorbeelde van algemeen gebruikte Engelse woorde met Afrikaanse alternatiewe by vandag se rubriek gevoeg. Is jy ook skuldig? Want hierdie is actually nogal ’n issue.

So, challenge jouself en laat ons weet hoe jy cope.

Kom ons praat Afrikaans vir ’n hele dag!

Hier is 'n lys van 10 Engelse woorde wat Afrikaanssprekendes algemeen gebruik en 'n hele rits Afrikaanse woorde wat jy eerder kan gebruik:

10. awesome – fantasties, wonderlik, ongelooflik, asemrowend

9. cute – oulik, skatlik, skattig, lief, ougat

8. actually – eintlik, trouens 

7. amazing – merkwaardig, lieflik, verstommend, 

6. obviously – vanselfsprekend, duidelik, ooglopend

5. eventually – (uit)eindelik, mettertyd

4. issue –  kwessie, saak, aangeleentheid; vraag(stuk), probleem, twis, strydpunt, geskil(punt)

3. great – uitstekend, fantasties, besonders, baie goed

2. basically –  in wese, wesen(t)lik, fundamenteel, basies.

1. anyway – in elk/ieder/alle geval, nietemin, hoe dit ook al sy 

Sien jy hoe maklik is dit om hierdie (en ander woorde) te vervang wanneer jy met mense praat? Probeer om ten minste vir een dag géén Engelse woorde te gebruik nie. Dit is dalk makliker as wat jy dink! 

Meer oor:  Afrikaans
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.