Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
#taalgeneraal: Hoekom is daar ’n ‘oe’ in Poetin?
Riaan Grobler

Ek sien gereeld hoe lesers kla oor Netwerk24 se “verkeerde” spelling van sekere plek- en persoonsname, veral dié van die Russiese president, Wladimir Poetin, en die stad Doebai.

Hulle wil dan weet hoekom ons dit nie spel soos “normale” mense nie, met ander woorde “Putin” en “Dubai”.

Die antwoord is eintlik eenvoudig: dié woorde word getranslitereer uit Russies en Arabies.

Wat is transliterasie? Dit is wat gebruik word om woorde uit ander tale wat ’n ander alfabet gebruik, so na as moontlik aan die oorspronklike uitspraak te skryf. Die Russiese (of Cirilliese) alfabet lyk aansienlik anders as die alfabet wat vir Westerse tale gebruik word. Eweneens lyk Arabies aansienlik anders as die 26 letters van die Latynse alfabet waaraan sprekers van Westerse tale gewoond is.

Dus word transliterasie gebruik om die fonetiek van die oorspronklike uitspraak na te boots.

Met betrekking tot Poetin en Doebai het die uitspraak van die eerste lettergreep in die oorspronklike tale ’n oe-klank, wat dan as oe in Afrikaans geskryf word. In Engels word die oe-klank egter met ’n u aangedui, en daarom word dit in Engels getranslitereer as Putin en Dubai.

Wanneer jy “Putin” in Afrikaans gebruik, gebruik jy dus die Engelse weergawe van Poetin.

Dieselfde geld vir Arabiese name soos Doebai en Aboe Dhabi, of Basjar al-Assad.

Transliterasie is egter nie altyd eenvoudig nie en daar is baie reëls en uitsonderings. Byvoorbeeld, nie alle tale met ’n ander alfabet word getranslitereer in Afrikaans nie, soos Grieks en Hebreeus. Maar Russiese en Arabiese woorde word grootliks wél getranslitereer, en dit is hoekom die name van mense of plekke soms vreemd op die oog val.

Gaan lees gerus hier vir meer inligting oor transliterasie.    

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.