Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
Taxi! ‘Four, four masihlasineni’
Rapule Tabane

Suid-Afrika is nou onder die tien lande met die hoogste Covid-19-infeksiekoers nadat ons dié week die 300 000-kerf verbygesteek het.

Onder dié tien het ons wel die laagste sterftesyfer, minder as 5 000. Maar ons syfers neem teen ’n geweldige pas toe. Doen ons iets verkeerd? Hoekom is ons die voorloper in Afrika, met meer as ’n kwart van die infeksies op die vasteland?

Ek hou nog altyd daarby dat ons nie vinger moet wys nie, maar ons moet aanhou probeer om antwoorde te vind en swakhede te identifiseer.

Ek is seker rokers vra hulself af waarom hulle ’n prys moet betaal as die virus in elk geval weghardloop, terwyl drinkers ten minste ’n tydjie gegun is om te drink.

As jy egter met mense gesels, kom jy gou agter rokers het nooit regtig opgehou rook nie. Hulle koop net sigarette onwettig teen ’n hoër prys en kry nie hul gunsteling-handelsname nie. Dit beteken eintlik maar net dit was ’n baie duur, maar relatief nuttelose, oefening wat die regering honderdmiljoene rande gekos het aan inkomste, terwyl tabakverbruik nie regtig verminder is nie. Dit is een van die regeringsbesluite wat bevraagteken moet word.

Dit is eerlikwaar, en skrikwekkend, moeilik om te sien hoe die infeksiekoers gaan afneem ná die regering se besluit dat taxi’s 100% vol gelaai mag word. Enigiemand wat al in ’n taxi was, weet daar is eintlik méér passasiers. Dit staan bekend as “four, four masi­hlasineni”, wat beteken ons moet vier-vier sit en mekaar help akkommodeer, terwyl die taxi eintlik ontwerp is vir drie passasiers op ’n sitplek.

Dit is eerlikwaar, en skrikwekkend, moeilik om te sien hoe die infeksiekoers gaan afneem ná die regering se besluit dat taxi’s 100% vol gelaai mag word.

Die nabyheid van mense in ’n geslote voertuig, met sommige wat praat, nies en hul neus snuit, is die perfekte voertuig om die virus te versprei. Talle mense neem meer as een taxi om by die werk en by die huis te kom, wat die risiko selfs verder vergroot.

Wetenskaplikes het die regering geadviseer dat taxi’s 70%-kapasiteit toegelaat moet word, en vir ’n ruk het die regering hierop aangedring. Maar toe taxi-eienaars rebelleer en sê hulle maak op dié manier nie genoeg geld nie, het die regering geswig. Hiermee het die regering gekies om die risiko vir pendelaars te vergroot. Die resultaat daarvan sal ’n grafiek wees wat net verder styg, wat ons almal in gevaar stel.

En asof uit die bloute is ook aangekondig dat kerke en ander plekke van aanbidding mag heropen. Talle plekke besef wat die risiko is en het besluit om dit nié te doen nie. Tragies genoeg het ander wel heropen, met die geloof dat die virus sal verdwyn as hulle saam daaroor bid.

Terwyl Covid-19 sy piek in die land nader en baie mense wat ons ken, geïnfekteer raak en selfs sterf, het die regering ook begin om skole stelselmatig te heropen. Die meeste rolspelers, insluitend ouers, leerlinge, skoolbeheerliggame, vakbonde en selfs akademici, staan dié besluit teen. Sommige provinsiale regerings is ook ontevrede oor die besluit omdat hulle geld in die hande moet kry vir ontsmetting, beskermende drag en ekstra onderwysers.

Dit lyk wel of die regering hierdie besluit gaan heroorweeg. Pres. Cyril Ramaphosa het gesê die regering sal optree in die lig van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) se advies dat dit onwys is om skole op die hoogtepunt van ’n pandemie te heropen. Was dit nodig dat die WGO ons moet wys op iets wat só ooglopend is?

Daar is baie foute gemaak in die hantering van die virus. Ons moet natuurlik nie die rol van gewone burgers onderskat nie wat nie basiese voorsorg getref het nie en roekeloos opgetree het.

Ons leef in moeilike tye, en ons wens ons het inspirerende leierskap gehad.

  • Tabane is politieke redakteur van City Press

Meer oor:  Rapule Tabane  |  Infeksiekoers  |  Inperkingsregulasies  |  Koronavirus  |  Taxi's
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.