Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tuisblad
OORSIG: Tweede sterfte in SA, syfer nou 1 280

Wat jy tot dusver moet weet:

  • Suid-Afrika het twee sterftes weens Covid-19.
  • Die getal infeksies staan nou op 1 280.

Korona: Al jou vrae geantwoord

koronavirus, belangrike nommers



Tweede sterfgeval in Suid-Afrika

Die departement van gesondheid het Sondagaand bevestig 'n tweede persoon is  weens die koronavirus dood in Suid-Afrika. Dit is 'n man wat na die Krugerwildtuin gereis het.

Die man was 74 jaar oud en was saam met sy gesin wildtuin toe.

Die man is in 'n privaat hospitaal in Ladysmith in KwaZulu-Natal behandel.

Hy is op 27 Maart positief getoets en het 'n onderliggende siekte, velkanker, gehad. 

Die man het 'n temperatuur van bo 38 grade gehad, was kortasem en het respiratoriese komplikasies gehad. 

Die oorledene se familie en 14 gesondheidsorgwerkers, onder andere 3 spesialiste wat met hom in aanraking was, is nou in kwarantyn en word gemonitor, het dr. Mkhize in sy verklaring gesê. 

29 Mrt. 20:49:38

Stand van sake in Suid-Afrika

Daar is nou 1 280 koronagevalle in Suid-Afrika, het dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, Sondagaand in 'n verklaring aangekondig. 

In Gauteng is daar 584 gevalle, in die Wes-Kaap 310, KwaZulu-Natal 167, die Vrystaat 72, Noordwes 6, Mpumalange 11, Limpopo 12, Oos-Kaap 12, Noordkaap 6, nie bekend 100. 

29 Mrt. 20:19:21

JONGSTE STAND VAN SAKE

Europa:

Italië se regering sal heel moontlik sy staat van inperking verleng tot ná 3 April om die blitsige verspreiding van die virus te vertraag, het die minister van streeksake Sondag gesê.

Die sterftesyfer in Italië het Sondag 10 000 verbygesteek. Die aantal besmette persone in die land is nou 92 472, op een na die hoogste syfer van besmette persone naas Amerika.

In Spanje is strenger regulasies afgekondig. Die sterftesyfer in dié land het tot 6 528 opgeskiet.

In Brittanje het Boris Johnson, die premier, gesê dinge sal eers versleg voordat dit sal verbeter. Johnson is in selfisolasie nadat hy verlede week positief vir die koronavirus getoets het. 

Daar is 17 089 koronagevalle in Brittanje. Altesaam 1 019 mense is al aan die virus dood. Die virus sal heel moontlik oor 'n paar weke sy piek in Brittanje bereik. 

In Duitsland kan die gesondheidsdienste dieselfde druk as in Italië ervaar indien die uitbreking in die land vererger, het die hoof van die Robert Koch-instituut gesê. Die instituut is die federale agentskap wat verantwoordelik is vir siektebeheer. - Reuters 

29 Mrt. 20:10:20

IN 'N NEUTEDOP | Sondag om 20:30

Die sterftesyfer in Amerika weens die koronavirus kan soveel as 200 000 wees, het die Amerikaanse regering se voorste kundige oor aansteeklike siektes, Sondag gesê.

Stede soos New York, New Orleans en ander groot Amerikaanse stede het Sondag ook gewaarsku dat hulle binnekort 'n tekort aan mediese voorraad sal ondervind.

Sterftes en besmettings

Meer as 662 700 mense is reeds wêreldwyd met die virus besmet. Altesaam 30 751 mense is reeds dood, volgens Reuters se data. 


29 Mrt. 19:47:30

Eerste vlug met mediese voorraad kom in NY aan

Die eerste van 'n reeks vlugte met mediese voorraad het Sondag van Shanghei, China, in New York aangekom, berig Reuters. 

'n Kommersiële vliegtuig het Sondagoggend by die John F. Kennedy-lughawe in New York geland met onder meer handskoene, beskermende drag en gesigmaskers wat in New York, New Jersey en Connecticut versprei sal word. Dié drie state se gesondheidsdienste is tans onder geweldige druk weens die uitbreek van die koronavirus. 

Die reeks vlugte, onder aanvoering van pres. Donald Trump se skoonseun en raadgewer, Jared Kushner, word onderneem in 'n poging om kritieke mediese voorraad wat gewoonlik per skip van China na Amerika gebring sou word, vinniger na Amerika te bring. - Reuters

Meer oor:  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.