Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Verkiesing 2019
Ace: ‘Ek het niks verkeerd gesê’

“Daar is niks verkeerd met wat ek gesê het nie,” het Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, gesê oor sy opmerkings die naweek in Philippi, Kaapstad, dat mense nie weer hul stem “op die wit man” moet “mors” nie.

Uit eie geledere het ’n groep van 19 ANC-veterane, wat insluit Mavuso Msimang, Popo Molefe, Mary Metcalfe en Cas Coovadiasy, Sondag sy opmerkings in ’n verklaring as “rassisties” en “heeltemal onaanvaarbaar” beskryf.

“Die skandelike beroep op massas arm swart mense om nie vir die umlungu te stem nie, is nie deel van die kernbeginsels en karakter van die ANC en sy missie om ’n nasie te bou wat vry van vooroordeel, armoede en uitbuiting is nie,” luidens die verklaring.

Die skandelike beroep op massas arm swart mense om nie vir die umlungu te stem nie, is nie deel van die kernbeginsels en karakter van die ANC en sy missie om ’n nasie te bou wat vry van vooroordeel, armoede en uitbuiting is nie.

Magashule het Maandag volgehou sy opmerking is nie rassisties nie.

“Ek het verduidelik dat die ANC ’n nierassistiese organisasie is. Daar is wit progressiewe demokrate wat vir die ANC gestem het wat sal voortgaan om vir die ANC te stem. Daar is baie wit Suid-Afrikaners wat nog vir die ANC sal stem, maar ons grootste hoop is die swart stem en daar is niks verkeerd daarmee om te sê die DA verteenwoordig die belange van wit mense nie. Dit verteenwoordig die elite en die bevoorregtes,” het hy gesê.

Magashule het ook gesê hy sien niks verkeerd daarmee dat hy die naweek R400 vir ’n gesin van ANC-ondersteuners gedurende sy veldtog gegee het nie.

“Ek weet nie wat is verkeerd daarmee nie as jy iets gee vir iemand wat honger is en ’n ondersteuner en ’n veteraan is, en hy sê vir ons daar is geen kos in die huis nie. Ek weet nie of dit teen die verkiesingskode is nie,” het hy gesê.

Die DA het Magashule in ’n brief aan die Verkiesingskommissie (OVK) daarvan beskuldig dat hy die verkiesingsgedragskode oortree het omdat hy stemme gekoop het.

Intussen het die ANC se topleiers ’n vergadering met die integriteitskommissie gekanselleer om sy verslag oor die party se kandidatelyste te bespreek.

Na berig word is daar 22 mense op die lyste wat volgens die kommissie onbevoeg is om die party in die verkiesing te verteenwoordig. Dit sluit onder andere in adj.pres. David Mabuza en Gwede Mantashe, minister van minerale bronne.

George Mashamba, voorsitter van die ANC se integriteitskomitee, het vroeër aan News24 gesê die kommissie het sy verslag afgehandel en die dokument aan die ANC se topses oorhandig.

Die party het egter vrae oor of die aanbevelings van die kommissie deurgevoer sal word, ontduik.

Ek weet nie wat is verkeerd daarmee nie as jy iets gee vir iemand wat honger is en ’n ondersteuner en ’n veteraan is, en hy sê vir ons daar is geen kos in die huis nie. Ek weet nie of dit teen die verkiesingskode is nie.

Meer oor:  Ace Magashule  |  Verkiesing 2019
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.