Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Verkiesing 2019
AfriForum wil stokkie steek voor busse vir inhuldiging

Hokaai, stop die busse, vra AfriForum.

Dié burgerregteorganisasie het ’n petisieveldtog begin oor die duisende mense wat uit die onderskeie provinsies met busse aangery gaan word om die inhuldigingseremonie van die president by te woon.

Die president word op Saterdag 25 Mei op die Loftus Versfeld-stadion in Pretoria ingehuldig.

AfriForum sê die presidensie se opdrag in April dat die nege provinsies elk 2 000 munisipale afgevaardigdes op eie koste moet vervoer om die inhuldiging by te woon, is 'n “ondeurdagte” besluit. Volgens hulle strook dit nie met die opdrag dat munisipaliteite verkwistende uitgawes moet sny nie.

“Volgens die tesourie het die totale skuld van munisipaliteite in Suid-Afrika teen Desember 2017 reeds R138,2 miljard beloop, terwyl die 2019-begrotingsoorsig aandui dat 113 van die 278 munisipaliteite vanjaar nie genoeg geld het om hul uitgawes vir 2019 te dek nie,” sê AfriForum.

Theo Venter, ’n politieke ontleder van die Noordwes-Universiteit, sê dis belangrik om te vra wie na die seremonie vervoer gaan word, want dit is veronderstel om oop te wees vir alle Suid-Afrikaners en nie net vir ondersteuners van ’n sekere party nie.

AfriForum gaan ook per brief teenoor die presidensie hieroor kla. 

Morné Mostert, AfriForum se hoof van plaaslike regeringsake, sê die ekstra uitgawes sal veral plattelandse dorpe erg raak. 

“Ongereelde of geen watertoevoer, vullis wat nie verwyder word nie en rioolvuil wat in die strate afloop is slegs enkele van die gevolge waardeur plattelandse inwoners daagliks in die gesig gestaar word omdat munisipaliteite versuim om hul grondwetlike plig na te kom. Dit is onregverdig en onverantwoordelik van die presidensie om boonop hierdie juk op munisipaliteite te plaas,” sê Mostert.

Khusela Diko, woordvoerder vir die president, het Dinsdag alle navrae hieroor na die regering se kommunikasie-en-inligtingstelsel (GCIS) verwys.

Die GCIS was nie dadelik beskikbaar vir kommentaar nie, maar het wel ontvangs erken van Netwerk24 se navrae.

Theo Venter, ’n politieke ontleder van die Noordwes-Universiteit, sê dis belangrik om te vra wie na die seremonie vervoer gaan word, want dit is veronderstel om oop te wees vir alle Suid-Afrikaners en nie net vir ondersteuners van ’n sekere party nie.

Volgens Johan Steenhuisen, DA-hoofsweep, sal die seremonie belastingbetalers R120 miljoen uit die sak jaag.

Hy verwag egter ’n partypolitieke deelname omdat meeste stadsrade onder die beheer van die ANC val.

Dit is egter ’n belangrike vraag hoe so ’n geleentheid gefinansier word, soos AfriForum vra, sê Venter.

“Aan die een kant voel ’n mens dat as president Cyril Ramaphosa sê hy het ’n nuwe blaadjie omgeslaan, is dit een van die dinge waarop koste bespaar sal word. Aan die ander kant wil ’n mens tog ook vir die wêreld wys dat daar ’n vol gehoor is. Dit is vir die regering ’n tameletjie,” sê Venter.

*Die presidensie het in April aangekondig Suid-Afrika se nuwe president sal op 25 Mei by Loftus Versfeld in Pretoria ingehuldig word.

In die verlede het die inhuldiging by die Uniegebou geskied.

“Dit sal groter openbare deelname verseker,” het Khusela Diko, destydse woordvoerder vir die president, gesê.

Die presidensie glo ook dit is simbolies dat die inwyding hierdie jaar op Afrikadag sal geskied.

Benewens mense van die Suid-Afrikaanse gemeenskap sal staatshoofde van etlike lande, verteenwoordigers van godsdienstige groepe, politieke partye en

verteenwoordigers van streeks-, kontinentale en internasionale organisasies soos die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsorganisasie, die Afrika-Unie en die Verenigde Nasies die inhuldiging bywoon.

Volgens Johan Steenhuisen, DA-hoofsweep, sal die seremonie belastingbetalers R120 miljoen uit die sak jaag.

Meer oor:  Afriforum  |  Gcis  |  Theo Venter  |  Inhuldiging  |  Politiek  |  Verkiesing 2019
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.