Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Verkiesing 2019
Ander regering kan maak dat Vrystaat gedy, sê Mmusi

“Dit is moontlik om die Vrystaat te herbou en dit ’n vooruitstrewende provinsie te maak, maar dit kan net gedoen word as ’n nuwe regering aan die bewind kom.”

Mmusi MaimaneFoto: ELIZABETH SEJAKE

So het Mmusi Maimane, DA-leier, Maandag tydens sy besoek aan die Vrystaatse dorpe Manyatseng, Ladybrand en die grenspos by Ficksburg gesê.

Volgens hom het die Vrystaat pragtige bates soos toerisme, landbou en vervaardiging wat ontgin kan word om werk te skep.

“Dit is moontlik, maar nie met dieselfde ANC-regering nie.”

Maimane sê van die grootste uitdagings in dié provinsie is werkloosheid onder veral die jeug, veiligheid en die gebrek aan basiese dienste.

“Oral waar ek gaan, soek die mense verandering. Hulle soek werk, hulle wil veilig wees en hulle verwag dat dienste gelewer word.”

Hy sê om dinge te laat verander, moet grensposte by die provinsie strenger gereguleer word. En dan moet daar in elke huishouding minstens een mens wees wat werk, die polisiemag moet eerlik wees, korrupsie moet uitgewis word, onderrig aan jong mense moet van gehalte wees, belasting moet minder en boere se veiligheid moet verseker word.

Meer oor:  Mmusi Maimane  |  Ficksburg  |  Ladybrand  |  Vrystaat  |  Politiek  |  Verkiesing 2019  |  Da  |  Anc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.