Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Verkiesing 2019
Beurtkrag knou ANC-steun, maar prentjie lyk anders vir Cyril

Die ANC se landwye steun onder kiesers het weens die onlangse vlaag beurtkrag van 63% tot 61% gekrimp, terwyl dit feitlik niks aan die steun vir pres. Cyril Ramaphosa as ANC-president gemaak het nie.

Ramaphosa se individuele steun het volgens die jongste South African Citizen-peiling van die marknavorsingsfirma Citizen Surveys ondanks beurtkrag eerder van 55% in die laaste kwartaal van 2018 tot 57% toegeneem.

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Daily Sun

Dié peiling het egter bevind dat die voortdurende korrupsieskandale, sowel as die publikasie van politieke partye se kandidatelyste en die probleme by Eskom tot ’n toename in kiesers se politieke vervreemding gelei het.

Dit het ook landsburgers se vertroue dat Suid-Afrika in die regte rigting beweeg, verminder.

Die peiling, wat Dinsdag bekend gemaak is, het van Januarie tot Maart vanjaar openbare menings vergelyk en ontleed.

Van die ander hoofbevindings is dat beurtkrag in Maart wel ’n invloed op die ANC se moontlike prestasie in die verkiesing sal hê met steun vir die party wat van 63% in Februarie tot 61% in Maart geval het as 77% van alle geregistreerde kiesers sou stem.

Daarteenoor is bevind dat die EFF se steun in dieselfde tydperk van 9% tot 11% gestyg het.

Hoewel die DA in Januarie vanjaar 21% steun gehad het, het dit in Februarie en Maart tot 19% teruggesak.

Citizen Surveys meen egter kiesers wat nog nie besluit het vir wie om te stem nie, kan ’n betekenisvolle invloed op die verkiesingsuitslag hê.

Daar is ook bevind hoewel Ramaphosa se steun verbeter het, het Julius Malema, EFF-leier, se steun in dieselfde tydperk van 30% tot 27% afgeneem.

Mmusi Maimane, DA-leier, se steun het van 29% tot 28% teruggesak.

Die peiling meen dié afname is te danke aan Ramaphosa se belofte in sy staatsrede vroeër vanjaar dat almal wat vir staatskaping verantwoordelik was, aan die pen sal ry.

Daar is egter ook bevind dat die persentasie ongemotiveerde kiesers van 15% in Januarie tot ’n rekordhoë 19% (of sowat 5,1 miljoen kiesers) in Maart vanjaar gestyg het.

Reza Omar, strategiese navorsingsdirekteur van Citizen Surveys, sê dié ongemotiveerde kiesers voel polities vervreemd en moet daarom ’n kernteiken wees oor waar partye in aanloop tot die verkiesing steun moet werf.

“Die afname van agt persentasiepunte onder Suid-Afrikaners wat glo die land beweeg in die regte rigting - in vergelyking met Januarie en Februarie - dui op die behoefte aan drastiese optrede om die publiek te herverseker dat die sosio-ekonomiese toestande kan en sal verbeter,” sê Omar.

Net 22% van kiesers het in Maart, toe Eskom omvattende beurtkrag toegepas het, geglo die land beweeg in die regte rigting.

Luidens die peiling het die publiek se vertroue in Eskom weens die beurtkrag met ’n drastiese 17 persentasiepunte van 56% in Januarie tot 39% in Maart geval.

Daarmee saam het die persepsie dat korrupsie aan die toeneem is, van 81% in Desember 2018 tot 70% in Februarie geval.

Die peiling meen dié afname is te danke aan Ramaphosa se belofte in sy staatsrede vroeër vanjaar dat almal wat vir staatskaping verantwoordelik was, aan die pen sal ry.

Meer oor:  Pres. Cyril Rama­Phosa  |  Beurtkrag  |  Politiek  |  Verkiesing 2019  |  Anc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.