Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Verkiesing 2019
Binnelandse sake bly langer oop weens verkiesing

Elf dae voor die verkiesing is die departement van binnelandse sake onder toenemende druk en gaan hy sy kantoorure verleng, sodat mense hul identiteitsdokumente betyds voor en op 8 Mei kan gaan afhaal.

David Hlabane, woordvoerder van die departement, sê die kantoorure van binnelandse sake sal op 6 en 7 Mei verleng word en sal dus oop wees van 07:00 tot 17:00 en op 8 Mei sal dit oop wees van 07:00 tot 21:00.

“Ons doen dit om kiesers te help om hul identiteitsdokumente (slimkaarte en groen ID-boeke) waarvoor hulle reeds aansoek gedoen het af te haal en om aansoek te doen vir nuwe identiteitsdokumente en/of tydelike identiteitsdokumente.”

Hlabane het benadruk tydelike identiteitsdokumente sal onmiddellik uitgereik word sodat mense kan gaan stem.

Oor die departement se webtuiste wat nie behoorlik werk nie, het Hlabane Donderdag gesê dat hulle hard werk daaraan om die probleem te herstel.

Dit is glo veroorsaak deur ’n kragonderbreking. Geen ander rekenaarstelsels word volgens Hlabane negatief geraak nie.

Die webtuiste het egter teen Vrydagoggend steeds nie gewerk nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.