Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Verkiesing 2019
Bredasdorp se ‘Romeo en Juliet’ stem nie dieselfde

Robin Janse se bloed is blou en Tracey Arends is ’n stoere ANC-ondersteuner, maar dié paartjie van Bredasdorp in die Wes-Kaap laat nie toe dat politiek in die pad van ware liefde staan nie.

Tracey Arends and Robin Janse, Bredasdorp's 'Romeo
Robin Janse en Tracey Arends weier dat hulle lojaliteite teenoor hul politieke party in pad staan van ware liefde. Foto: Tammy Petersen, News24

Janse (32) geklee in sy DA-T-hemp, en Arends (28) met haar ANC-kleure, het Woensdag hul kruisies gaan trek.

Die paartjie, wat meer as ’n jaar saam is, word beskou as die dorp se eie Romeo en Juliet.

Arends rol haar oë terwyl Janse spog met sy DA-T-hemp.

“Ek is lief vir hom, al neem hy swak besluite,” sê Arends.

Janse sê Arends wil glad nie na hom luister as hy probeer verduidelik hoekom hy vir die DA stem nie.

“Sy hou aan praat van die droogte en hoe die DA haar gedwing het om water te koop, maar sy vergeet hoe korrup die ANC is,” sê Janse.

Arends sê sy bly getrou aan die ANC.

“Ek het ’n huis danksy die ANC. Ek het ’n huis en vryheid. Wat het die DA vir my gedoen? Niks. So ek sal voortaan vir die party stem wat my lewe verbeter het.”

Gerald Clarke (54) ook ’n boorling van Bredasdorp, sê sy stem gaan vir die party wat verandering in die gemeenskap kan bring.

“Ek het seuns wat werkloos is, nes ek, en my dogters is besig om kursusse in vaardigheidsontwikkeling te voltooi, maar hulle kry nie werk in die rigting nie. Ons kinders word misdadigers, want hulle is gefrustreerd.

“Hier moet ontwikkeling plaasvind. Bredasdorp is ’n mooi plek, maar ons kinders ken net armoede en geweld wat dikwels deur dwelms veroorsaak word.”

Meer oor:  Bredasdorp  |  Stemdag  |  Verkiesing 2019  |  Da  |  Anc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.