Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Verkiesing 2019
DA-regspan 'reg om OVK te takel'

Die DA het sy regspan op ’n gereedheidsgrondslag geplaas hangende gesprekke tussen ringkoppe in die party oor die regverdigheid van Woensdag se algemene verkiesing, sê James Selfe, die party se federale voorsitter.

Hy het Woensdag by die nasionale uitslagsentrum in Pretoria in ’n video-onderhoud aan Netwerk24 gesê verskeie kwessies ondermyn die geloofwaardigheid van die Verkiesingskommissie (OVK).

“Ek sê dit nie ligtelik nie, want dit is ’n instelling wat belangrik is en oor die afgelope 25 jaar eintlik baie goeie werk verrig het. Wat ek nou dink, is dat die OVK die probleme probeer afmaak. En ek dink nie hy het die personeel of toerusting wat kan seker maak dat die stemproses reg verloop nie,” sê hy. 

james selfe
James Selfe, voorsitter van die DA se federale raad by die nasionale uitslagsentrum in Pretoria waar die resultate bekend gemaak gaan word. Foto: Deaan Vivier

Buiten dat stembriewe volgens Selfe by verskeie stempunte al voor 10:00 opgeraak het, het die DA ook “oorredende bewyse” dat verskeie mense, moontlik honderde, meer as een keer gestem het.

Hy sê die inkmerk wat kiesbeamptes op kiesers se linkerduim gemaak het om aan te dui dat kiesers reeds gestem het, kon afgewas word.

Volgens hom sal daar later Woensdagaand ’n vergadering wees om oor die gevolge van dié kwessie te praat.

“Ons regspan is op ’n gereedheidsgrondslag. Ons wil nie die verkiesing ontwrig nie, maar aan die ander kant wil ons die redelike versekering kry dat die uitslae vry en regverdig is en dat die uitslae die wil van die kiesers weerspieël,” sê Selfe.

Selfe voorspel dat DA-ondersteuners in groter getalle gaan stem het as ANC-ondersteuners. Ook voorspel hy dat sy party die Wes-Kaap sal behou en nasionaal sal groei.

“Ons ander doelwit was om beheer oor nog ’n provinsie te kry. In Gauteng sal ons waarskynlik nie die grootste party wees nie, maar ons wil omstandighede skep waar koalisies moontlik is,” sê hy.

Hy verwag dat Patricia de Lille se nuwe party, Good, nie meer as een setel in die verkiesing sal wen nie.

“Ons kan eers oor koalisies praat wanneer die uitslae bekend is. Ons sal saamwerk met partye as ons waardes ooreenstem en ons ’n soortgelyke beskouing het oor die rigting waarheen die provinsie moet gaan,” sê Selfe.

Meer oor:  James Selfe  |  Stembriewe  |  Verkiesing2019  |  Ovk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.