Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Verkiesing 2019
DA-man in sop wat OVK namens klein partye aanvat

Die DA is besorg oor ’n moontlike botsing van belange deur een van sy raadslede, wat optree as opdraggewende prokureur vir 35 klein politieke partye wat die Verkiesingskommissie (OVK) wil dwing om ’n nuwe verkiesing uit te roep.

Hans-Jurie Moolman. Foto: Verskaf

Hans-Jurie Moolman, ’n deeltydse DA-raadslid in die Tlokwe- plaaslike munisipaliteit in Potchefstroom in Noordwes, is ook ’n praktiserende advokaat by Moolman en Pienaar Ingelyf.

Dié firma het Vrydag aan die OVK geskryf om daarop aan te dring dat ’n onafhanklike firma ’n oudit doen oor bewerings van dubbelstemmery en ander onreëlmatighede tydens die verkiesing.

Moolman het die OVK tot 11:00 Saterdag kans gegee om ’n onafhanklike ouditfirma aan te stel. Indien dit nie gebeur nie, kan verdere regstappe volg – insluitend ’n moontlike aansoek vir ’n hofinterdik om te verhoed dat die uitslae van die verkiesing bekend gemaak word.

Moolman sê hy tree in sy private hoedanigheid op namens die Forum for Service Delivery (F4SD). Hy het nie die DA hieroor ingelig nie, maar sê die party is nou daarvan bewus.

James Selfe, voorsitter van die DA se federale raad, sê sy party is tans in gesprek met Moolman, omdat hulle glo hy het ’n botsing van belange.

“Dit is ’n probleem vir die DA. Hy (Moolman) hou vol hy werk in ’n adviserende kapasiteit en tree nie namens hulle op nie, maar ons dink dit is blote semantiek. Dit is ’n duidelike probleem.” - News24

Meer oor:  Da  |  Stembriewe  |  Verkiesing2019  |  Ovk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.