Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Verkiesing 2019
DA se Solly Msimanga ‘gaan nié parlement toe’

Die DA hou die verkiesingsuitslag in Gauteng nog fyn dop, maar sal nie sommer net koalisies vorm om te regeer nie.

“Ons het gemengde gevoelens omdat ons steun verloor het in gebiede waar die DA vir ’n geruime tyd sterk was,” sê Solly Msimanga, die DA se premierskandidaat vir Gauteng en voormalige burgemeester van Tshwane.

Solly Msimanga

Die DA het egter steun gewen in Indiër-, bruin en oorwegend swart gebiede, sê hy.

Intussen sal die party besin oor wat sommige van sy ondersteuners weggedryf het.

“Ons moet ’n eerlike gesprek hê oor hoe ons sommige van die probleme gaan takel.”

Wat die moontlikheid van koalisies betref, sê Msimanga, gaan dit vir hom nie oor die party met wie daar koalisies gevorm word nie, maar eerder waarom dit gevorm word.

“Die mense wat jy dien, moet die middelpunt van die koalisie wees.”

Msimanga sê verder hy gaan “beslis” nie parlement toe nie.

“Ek gaan in Gauteng bly – of dit nou as premier of die opposisie is – ek het geen voornemens om na die parlement te skuif nie,” sê hy.

In Gauteng het die ANC Vrydag teen 16:30 met 50,59% van die stemme voorgeloop, gevolg deur die DA met 27,32% en die EFF 14,34%.

Meer oor:  Solly Msimanga  |  Stemuitslae  |  Politiek  |  Verkiesing 2019  |  Da
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.