Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Verkiesing 2019
Gauteng se net-net is steeds wen, sê Cyril

Dit is beter om die mag in Gauteng met ’n haarbreedte te behou as om beheer oor Suid-Afrika se ekonomiese hartland te verloor, het pres. Cyril Ramaphosa Sondag gesê.

cyril ramaphosa
Pres. Cyril Ramaphosa spreek Sondag duisende ANC-ondersteuners buite Luthulihuis in Johannesburg toe. Foto: Felix Dlangamandla

Ramaphosa het ’n groot skare buite Luthulihuis in Johannesburg tydens die party se Siyabonga-byeenkoms toegespreek.

Hy het ANC-ondersteuners bedank dat hulle die party ondersteun het, ten spyte daarvan dat die ANC nasionaal en in agt provinsies met ’n kleiner meerderheid regeer, met Gauteng net-net op 50,19% (teenoor 2014 se 53,59%).

Ramaphosa het gesê die stryd om Gauteng was die party se grootste uitdaging en dat dit beter was om beheer oor dié provinsie te behou.

“Gauteng was ons grootste uitdaging. Hulle het gedink ons het Gauteng verloor, maar ons het geweet Gauteng sal ons nie faal nie, en op die einde het ons deurgeskraap. Dit maak nie saak hoe jy die eindpunt haal nie, net solank jy dit haal,” het Ramaphosa gesê.

Die ANC het 57,50% van die nasionale stemme in die verkiesing behaal, teenoor 2014 se 62,51%.

Die meer as 10 miljoen stemme wat die ANC op hom verenig het, verseker die party van 230 parlementsetels – 19 minder as in 2014.

cyril ramaphosa
Duisende ondersteuners het Sondag aan die ANC se Siyabonga-byeenkoms buite Luthuli-huis deelgeneem. Foto: Felix Dlangamandla
Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Anc  |  Verkiesing 2019
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.