Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Verkiesing 2019
Kiesers het gepraat, nou begin die werk

Die amptelike verklaring deur die Verkiesingskommissie (OVK) van die 2019-verkiesinguitslae Saterdagaand baan volgens die regering die weg vir die sesde demokratiese administrasie om in alle erns met sy werk te begin, het Phumla Williams, waarnemende kabinetswoordvoerder, Saterdag gesê.

Kort nadat die OVK die uitslae as vry en regverdig verklaar het, het sy ook namens die regering die OVK gelukgewens met sy goeie werk tydens die nasionale en provinsiale verkiesings.

“Oor die volgende paar weke sal ons begin om voor te berei vir die inhuldiging van die president en vir die volgende regeringstermyn. Suid-Afrika sal sy sesde demokraties verkose president op 25 Mei 2019 inhuldig op Afrika-dag.”

“Ons doen ’n beroep op alle Suid-Afrikaners om die regering te help sodat ons volhoubare maniere kan vind om die driedubbele bedreiging van armoede, ongelykheid en werkloosheid te oorkom,” het Williams gesê.

cyril ramaphosa, verkiesing 2019
Pres. Cyril Ramaphosa aan die woord by die OVK se nasionale uitslagsentrum in Pretoria. Foto: Deaan Vivier

Meer oor:  Verkiesing 2019  |  Kiesers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.