Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Verkiesing 2019
Kommer oor swaaistemme op Kaapse vlakte

Die ANC in die Wes-Kaap is bekommerd oor die swakkerige opkoms Woensdagoggend by stempunte, veral in gebiede op die Kaapse Vlakte, en hy gaan sy stemwerwers dadelik daar ontplooi om kiesers aan te moedig om te stem.

Die DA in die provinsie sê hy is nie te bekommerd nie, hoewel Mmusi Maimane, DA-leier, en Alan Winde, DA-premierskandidaat, later Woensdagmiddag gebiede soos Athlone, Bellville-Suid en Mitchells Plain gaan besoek.

Die Kaapse Vlakte met sy oorwegend bruin inwoners speel 'n deurslaggewende rol in watter party die Wes-Kaap wen.

Faiez Jacobs, provinsiale ANC-sekretaris, het Woensdag gesê die reënweer wat oor Kaapstad uitgesak het, is kommerwekkend.

Dit is net strategiese besoeke. Die DA het groot steun daar. Ons gaan om mense aan te moedig om te stem.

“Die opkoms in townships soos Langa was goed en rye was lank daar. Ons is bekommerd oor die opkoms in gebiede soos die Kaapse Vlakte omdat daardie gebiede gewoonlik die ‘koningmaker’ is. Ons gaan daarom ons stemwerwers oor die Kaapse Vlakte heen ontplooi om daar mense aan te moedig om te gaan stem. Ons het ook reeds ons groot kanonne soos die struggleveteraan Denis Goldberg en Ebrahim Rasool daar ontplooi om stemme te werf. Ek sal self later Elsiesrivier besoek.”

Dirk Linde, DA-woordvoerder, sê sy party is nie te bekommerd nie omdat die opkoms Woensdagoggend van stemdistrik tot stemdistrik verskil het.

“In Tableview byvoorbeeld was daar tot 500 mense in 'n ry en dit het mense 'n uur en 'n half geneem om te kan stem. In Claremont, waar Winde gestem het, het hy tussen 20 en 30 minute in lang rye gewag om te stem. Die reën speel wel 'n rol soos in enige verkiesing. Daarom moedig ons mense aan om asseblief te gaan stem."

Volgens hom gaan Maimane en Winde nie later Woensdag Kaapse Vlakte toe omdat die DA bekommerd oor sy steun daar is nie.

“Dit is net strategiese besoeke. Die DA het groot steun daar, ons gaan om mense aan te moedig om te stem.”

Linde sê die reën speel ook 'n rol in die opkoms in die res van die provinsie. 

“Daar is seker hier en daar haakplekke met OVK-toerusting, maar die OVK hanteer dit.”

* Volg Netwerk24 vir meer hieroor.

Meer oor:  Da  |  Anc  |  Kaapse Vlakte  |  Verkiesing 2019
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.