Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Verkiesing 2019
KYK: Kieser ongelukkig oor ‘merk van satan’ op duim

’n Kieser van Bloemfontein was ontstoke oor die “merk van satan” wat op sy duimnael aangebring is nadat hy sy stem uitgebring het.

Simon Olivier het partyagente van die Vryheidsfront Plus stormgeloop en sy duimnael aan hulle gewys nadat hy by die stempunt in Jaap Steyn-straat, Langenhovenpark, gestem het.

“Ek is baie ongelukkig. Dit is teen my geloof om gemerk te word soos ’n dier. En as jy dit nie doen nie, mag jy nie stem nie,” het hy op video aan Netwerk24 se joernalis gesê.

Stemdag met pappa. Zané Ackerman (4) sit styf in pa Andries se arms en onder die sambreel waar hy en ma, Tanja, by die stempunt in Langenhovenpark, Bloemfontein, gaan stem het. Hy stem vir Zané se toekoms - ‘n land vry van korrupsie, het hy gesê. ‘n Druppel reën val van die sambreel.Foto: Charles Smith

“Ek het toe maar die satanis se teken gaan vat.”

Op ’n vraag hoe hy voel nadat hy klaar gestem het, het hy geantwoord: “ O wel, tevrede.”

Maar hy is ongelukkig oor die merk?

“Ek is ongelukkig, want jy moet ’n voorbeeld hê.”

Toe hy gevra is hoe hy die merk gaan afkry, het hy gesê: “Ek gaan nou terpentyn vat.”

Stemdag het byna beroerd vir ’n ANC se partyagent hier begin toe hy op ’n los sementblok oor die afvoersloot getrap en hard geval het.

Wat gaan daar binne aan..? 'n Kieser met 'n Micky Muis-sambreel loer by die stempunt in Jaap Steyn-straat in Langenhovenpark, Bloemfontein, in.Foto: Charles Smith
Met koffiebekers in die ry om te stem. Barrie de Beer en sy vrou, Phialetta, het sommer met koffiebekers van hul huis na die stempunt in Jaap Steyn-straat, Langenhovenpark, gestap. Foto: Charles Smith

Die reën en koue kon kiesers egter nie keer om reeds voor 07:00 in die tou te staan nie.

“Ek is bereid om in die reën te staan om ’n kruisie te maak,” het André Olivier gesê wat met sy ouers, Francina en Albertus, eerste in die ry gestaan het om te stem.

Francina het haar met ’n sambreel droog gehou.

Barry en Phialetta de Beer het sommer met hul koffiebekers in die hand van hul voorstoep geloop om te gaan stem.

Barry is ’n onderwyser aan die Martie du Plessis-skool en Phialetta gee klas aan die Laerskool Fichardtpark in die stad.

“Ek hoop dat ons ’n verskil kan maak met ons stem,” sê Barrie.

Wilene Fourie het gaan stem met haar Protea-reënbaadjie wat sy as mediabeampte met die Wêreldstudentespele in Beijing in 2001 gedra het. Agterop die baadjie was die woorde groot: South Africa.

“Ek dra die baadjie omdat ek trots Suid-Afrikaans is en omdat dit reën.”

Die Oliviers van Bloemfontein was die eerste kiesers wat by die stempunt in Jaap Steyn-straat, Langenhovenpark, Bloemfontein, opgedaag het om te stem. Van links is André en sy ouers, Francina en Albertus Olivier. Hier wag hulle in die reën om hul kruisies te trek. Foto: Charles Smith
Stemdag is reëndag. Stempunt in Langenhovenpark, Bloemfontein. Mense kom stem met sambrele, koffie en jasse. En Dinsdag was dit ‘n helder sonskyndag. Foto: Charles Smith

Zané Ackerman (4) was die jongste besoeker aan die stempunt. Sy was in haar pa, Andries, se arms toe hy en ma, Tanja, in die ry wag om te stem. Hy het hulle met ’n sambreel droog gehou.

Andries sê hy voel positief en hy hoop dinge raak beter in die land.

“Ons stem vir ons kinders se toekoms. Dit is hoekom ons hier is in die land,” het hy gesê met Zané wat aandagtig na hom geluister het.

“Ek stem vandag vir verandering en dat korrupsie moet ophou. Die leiers in die land moet leiding vat en voor vat dat ons ’n verskil kan sien in die land. En dat ons kan saamstaan en die land beter maak.”

Kyk na die video hier: 

Meer oor:  Bloemfontein  |  Stemdag  |  Politiek  |  Verkiesing 2019
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.