Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Verkiesing 2019
KYK: Maties mismoedig oor hul toekoms in Suid-Afrika

Studente van Stellenbosch blyk mismoedig oor hul toekoms in Suid-Afrika te wees.

Netwerk24 en Die Student het onlangs in Stellenbosch die Maties oor die komende verkiesing, die ANC en hul toekoms in Suid-Afrika gaan pols.

Die televisie-aanbieder Sinki Mlambo het die gesprek gelei.

Heelparty studente het in die gesprek beklemtoon dat hulle nie baie optimisties oor hul toekoms in Suid-Afrika is nie.

"Op hierdie oomblik wil ek nie meer in Suid-Afrika wees nie," het Aldon Barend, 'n student in spraak-, taal-en-gehoorterapie, gesê.

Ek het 'n baie somber uitkyk oor die huidige stand van sake in Suid-Afrika.

"Maar Afrika-bloed vloei deur ons almal en ek dink aan diegene wat nog vir Suid-Afrika wil baklei. So ek bly en ek veg vir Suid-Afrika."

Cher Petersen, 'n joernalistiekstudent, het ook nie baie hoop vir die land nie.

"Ek is baie pessimisties oor waarheen ons op pad is. Ek dink korrupsie is in hierdie tyd só 'n groot probleem in ons land. Ons moet eers die probleme met korrupsie oplos voordat ons enigsins oor die toekoms kan dink. Nelson Mandela het 'n droom vir Suid-Afrika gehad, maar ek dink die ANC het sy droom laat stol en verongeluk dit met korrupsie."

Ook Wiann Bester, wat BSc (menslike lewenswetenskap) studeer, is ook baie negatief. "Ek het 'n baie somber uitkyk op die huidige stand van sake in Suid-Afrika. Ons het 'n verswakte ekonomie, verbrokkelende infrastruktuur, ons openbare dienste is nie op peil nie en dan is daar ander faktore soos wanbesteding, korrupsie en bedrog wat ons land nog verder verswak."

Hy is ook bang dat lande soos China hierdie swakpunte as 'n geleentheid sal beskou om Suid-Afrika uit te buit. "Dan loop Suid-Afrika die gevaar om sy onafhanklikheid te verloor."

Hy voeg egter by: "Maar my siening oor die toekoms is helder, want ek glo en vertrou dat die jeug van vandag tot die politieke veld sal toetree en die hervorming in die politiek van Suid-Afrika sal teweegbring."

  • Kyk die volledige gesprek met 12 Matiesstudente hier.
  • Wonder jy wat studente dink? Lees hul meningstukke op Die Student.
Meer oor:  Die Student  |  Studente  |  Verkiesingdiestudent  |  Verkiesing2019  |  Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.