Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Verkiesing 2019
Maak gou as jy spesiale stem wil uitbring

Suid-Afrikaners wat ’n spesiale stem in die Mei-verkiesing wil uitbring, sal gou moet maak.

Kiesers wat nie op 8 Mei by hul stempunte kan wees nie, kan nog tot Donderdag (18/4) om 17:00 by hul plaaslike Verkiesingskommissie-kantoor hiervoor aansoek doen en het tot middernag toe tyd as hulle dit aanlyn of per SMS doen. Daar is twee kategorieë vir spesiale stemme in Suid-Afrika.

Spesiale stem ten tyde van ’n huisbesoek

’n Kieser mag aansoek doen om besoek te word by ’n adres (in of buite die stemdistrik waarin hy of sy geregistreer is) weens fisieke swakheid, gestremdheid of swangerskap. Dié besoeke sal op 6 en 7 Mei tussen 09:00 en 17:00 plaasvind.

Aansoeke hiervoor kan aanlyn by https://www.elections.org.za/IECOnline/Special-Vote-Session gedoen word.

Kiesers kan ook ’n VEC1-vorm voltooi en dit by die OVK-kantoor ingee in die gebied waar die kieser voornemens is om besoek te word. Dié vorms kan deur ’n derde party namens die kieser afgelewer word.

Laai die VEC1-vorm HIER af.

Spesiale stem by ’n stempunt

Dit is beskikbaar aan enige kieser wat nie op stemdag in sy of haar stemdistrik is nie. Dié stemme kan op 6 en 7 Mei tussen 09:00 en 17:00 uitgebring word by die stempunt waar die kieser geregistreer is.

Kiesers kan vir spesiale stemme by stempunte aansoek doen deur:

* ’n SMS en ID-nommer na 32249 (R1 per SMS) te stuur;

* ’n aansoek aanlyn in te dien by https://www.elections.org.za/IECOnline/Special-Vote-Session; of

* deur ’n voltooide VEC1-vorm by hul plaaslike OVK-kantoor in te dien.

Die vorms kan slegs per hand afgelewer word en geen e-posse of fakse word aanvaar nie.

Buitelandse missies

Die OVK het die ure waartydens Suid-Afrikaners op 27 April by buitelandse missies kan stem, verleng om Joodse kiesers wat die Sabbat vier tegemoet te kom.

Vier buitelandse missies, Londen, Tel Aviv, Los Angeles en New York, sal op dié dag van 07:00 tot 23:30 (plaaslike tyd by die missies) oop wees.

Die besluit volg op ’n versoek deur die Joodse Raad van Afgevaardigdes omdat die Joodse gemeenskap die Sabbat op 26 en 27 April vier.

Moslemkiesers

Die OVK het vroeër aangedui dat Moslemkiesers op 6 en 7 Mei tussen 09:00 en 17:00 vir spesiale stemme by stempunte aansoek kan doen sou hulle dit verkies vanweë die aanvang van die heilige maand van Ramadaan op 8 Mei.

Meer oor:  Spesiale Stemme  |  Verkiesing 2019
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.