Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Verkiesing 2019
Malema belowe ‘aandele, dividende’

Elke werker sal ’n aandeelhouer wees van die maatskappy waarvoor hy of sy werk, en sal buiten ’n salaris dividende verdien.

So het Julius Malema, leier van die EFF, Woensdag gesê toe hy sy visie van ’n Suid-Afrika onder leierskap van die EFF met duisende ondersteuners op ’n Werkersdag-byeenkoms in Alexandra gedeel het.

Julius Malema besig om die skare toe te spreek. Foto: Felix Dlangamandla

Malema het ’n beroep op inwoners gedoen om op 8 Mei vir die EFF te stem.

Hy het onder meer gesê dat hy die kabinet gaan verklein en van adjunkministers ontslae gaan raak.

“Ons gaan geld spaar deur die parlement van Kaapstad na Pretoria te skuif. Ons gaan die departemente verminder. Hoekom is daar ’n minister van hoër onderwys én ’n minister van wetenskap en tegnologie? Wetenskap en tegnologie is dan hoër onderwys?”

Malema het ook gesê dat elke werker ’n aandeelhouer van die maatskappy sal wees waarvoor hy of sy werk.

Hoekom is daar ’n minister van hoër onderwys én ’n minister van wetenskap en tegnologie? Wetenskap en tegnologie is dan hoër onderwys?”
Julius Malema

“As ons die grond kry, het ons die maatskappye. Dit is dan ons s’n en moet aan die werkers behoort. Daar moenie ’n fabriek, myn of bank of enige ekonomies strategiese sektor wees waarvan die werkers nie aandeelhouers is nie.

“Werkers maak van die maatskappy wat dit is, en moet aandele (daarin) hê. As jy vir die Pick n Pay in Sandton werk, moet jy ’n aandeelhouer wees. Jy sal buiten jou salaris dividende kry.”

Ondersteuners op pad na Malema se byeenkoms het luidkeels gesing en gedans in die strate. Foto: Felix Dlangamandla

Wat betref ’n koalisieregering in Gauteng het Malema gesê die EFF sal enige party as vennoot oorweeg mits dié party dienste aan Alexandra en ander townships oor die land heen lewer.

“Voordat ons praat, moet hulle eers al die townships skoonmaak. Die DA en die ANC moet die townships in hul munisipaliteite skoonmaak.”

Die stryd om Suid-Afrika se ekonomiese hartland het verskerp nadat die DA en die ANC hul interne peilings oor die verkiesing bekend gemaak het.

Die ANC in Gauteng se peiling toon dat die party met 56% gaan seëvier, gevolg deur die DA met 17% en die EFF met 11%.

News24 het berig die DA se peiling het getoon dat die ANC tot onder sy 2014-meerderheid in Gauteng gaan val met net 42,8% van die stemme. Die DA gaan volgens dié peiling 31,9% van die stemme kry en die EFF 13%.

Die nuutste peiling deur die Instituut vir Rasseverhoudinge toon dat die ANC 42,8% van die provinsiale stemme op hom kan verenig, die DA 31,9% en die EFF 13%.

Meer oor:  Julius Malema  |  Verkiesing 2019
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.